Kanaän

Skrywer: Sophia Kapp

Wel wel wel, dit is nou vir jou ‘n boek!!  Ek dink nie ek het al in my lewe so ‘n boek beleef nie.  Vir neersit is daar gans nie.  Waar hierdie meisie, dis nou Catherine vanuit ‘n Engelse huis kom, wat nie ‘n tekort aan geld het nie, na ‘n plaashuis in die Vrystaat, en Afrikaans.  Sy kan goed Afrikaans praat, so daar het sy nie ‘n probleem nie, maar die gemeenskap sien nie dit as ‘n punt om te aanvaar nie.  Soveel dinge gebeur met Catherine, waar jy net wens dat dinge wil werk of nie moet gebeur nie.  Jy is die heeltyd op die punt van jou stoel, gefokus (niemand moet jou durf pla nie).  Jou familie kan vir ‘n rukkie na hulle self kyk want jy MOET net weet hoe dit met Catherine gaan op Kanaan.  Jy voel sommer jy groei saam met haar en wel, die plaasmense.  Elkeen se storie en hoe elkeen groei is verstommend.  Ek moet net weereens sê, daar ‘n groot skoene om te vul na hierdie boek vir Sophia, want hierdie was uit en uit ‘n uitstekende boek.  BAIE geluk.