Liefde in ‘n Hangkas

Liefde in 'n hangkasSkrywer: Madelein Stoltz

O vrek, hier is iemand in die kamer!  Waar moet ek wegkruip?  Vinnig, hier in die kas tussen al die jasse.  Nardus trek haar uit die kas en sy gesig weerspreek net moeilikheid. Sy het net ‘n onskuldige meisie gehelp, buite ‘n nagklub.  Continue reading “Liefde in ‘n Hangkas”

Liefste Tinktinkie

Liefste TinktinkieSkrywer: Corné van Rooyen

Dis nou maar net een ding as jy in ‘n familie besigheid werk waar almal betrokke is. Carlie se baas was in ‘n motor ongeluk.  Daar word dus van haar gevra om intebly in hul groot huis en so te werk vir haar baas.  Continue reading “Liefste Tinktinkie”

Liefde in die Nanag

Liefde in die nanagSkrywer: Alta Steyn

Kan die geluk iemand so goed tref met wie dit so sleg gaan? Vir Belinda was dinge nie maklik nie. Sy sit met geweldige baie dobbelskuld van haar oorlede man, waar die mense by wie hy dit geleen het, haar en haar dogtertjie se lewe in die gevaar sal stel, net om dit terug te kry. Continue reading “Liefde in die Nanag”

Altyd en Altyd

Altyd en altydSkrywer: Thea Holland

Het ek nou hierdie drie stories geniet. Die eerste waar Elizabeth, die bekende skrywer, Simon Rousseau, moet help nadat hy ‘n ongeluk gehad het en sy arm gebreek het. Elizabeth, wat ‘n rykmans kind is, weet maar bittermin van hoe ‘n huishouding werk en nog minder van hoe dit gedoen word. Continue reading “Altyd en Altyd”

Liefde tussen die duine

liefde tussen die duineSkrywer: Ilze Beukes

Wat n lekker lees. Salome, wat verander het van die lelike eendjie, is nou ‘n pragtige suksesvolle swaan. Sy word gedwing om terug te keer na haar tuis dorp, na haar pa se beroerte en hy nou die hospitaal is. Sy en haar ouers besluit om maar hulle huisie te verkoop en in te trek in die tuinwoonstel op Morne se erf. Sy wil niks met Morne te doen he nie, want sy is bang haar hart gaan weer gebreek word of verder gebreek word. Sy het hom nog altyd lief. Morne, aan die anderkant, wil nie soos sy pa wees, wat hom en sy ma net gelos het nie. Die liefde beteken vir hom niks, of so het hy altans gedink. Toe hy vir Salome op die lughawe optel, het hy begin wonder in homself. Ek het die boek baie geniet. Welgedaan Ilze Beukes met ‘n suksesvolle roman.