Corali

Skrywer: Chanette Paul

En so verras Chanette Paul ons weer met nog ‘n uitstekende boek.  En dan is dit noggal a Trilogie!  Ek kan nie wag om my hande op die ander twee te lê nie.  ‘n Storie wat begin met twee mense (Corali en Thomas) se lewens wat so ongelooflik mooi saam was, wat gruwelik uitmekaar gespat het oor aansien.  Corali die kunstenaar wat moes vlug en ‘n nuwe lewe begin, ontmoet die mees ongelooflike vriendinne wat haar lewe weer vol maak, weer sin laat kry.  Sommer so, dat Corali nie eens kans kry om te gaan lê nie.  So het Thomas se lewe ook net aangegaan en sy eie paadjie begin loop om ook net weer by ‘n kruispad te kom.  ‘n Kruispad wat geen mens weer wil herleef nie.  Ek kan net nie uitgepraat raak oor Chanette Paul se boeke nie.  Net sodra jy dink jy het nou jou gunsteling boek gekry, lees jy die volgende een en besef opnuut dat hierdie een, die een is wat jou hart gewen het.  Welgedaan Chanette met ‘n uitstekende boek.

Pierewaaier op haar erf

Skrywer: Madelein Stoltz

Partytjie na partytjie.  Hoe moet sy met die arrogante, vroujagter wat met haar die erf deel oor die weg kom.  Maar een oggend was dit net een te veel.  Sy storm toe by sy huis in, na ‘n aand se groot partytjie en skel hom uit terwyl hy nog in die bed is.  Na hy wakker word en haar kalm aankyk, maak hy ‘n weddenskap met haar dat hy haar op hom verlief sal maak.  So lag sy in sy gesig, want sy is nie so maklik verleibaar nie, maar tot haar spyt, soen hy haar eenkeer en sy besef, sy is in groot moeilikheid.  Ben is ‘n baie geditermineerde man, en sal nooit vou vir ‘n uitdaging – hy geniet die speletjie tussen hulle.  Solank sy nie regtig op hom verlief raak, trouplanne kry en alles bederf nie.  Maar cupid het ander planne met hulle.  Perdita besef vinnig sy het ‘n probleem, dat sy hierdie weddenskap gaan erg verloor en besluit toe sommer om weg te vlug.  Gaan Ben moed opgee of wie gaan wen?  Welgedaan Madelein Stoltz met ‘n vreeslike lekker boek.

Lenteliefde

Skrywer: Alma Carstens

Wat ‘n lewe het Milan gehad.  Swerf van land tot land en kry werk daar voordat sy weer aanbeweeg.  Geen sorge en geen verantwoordelikhede.  Langs die swembad in Thailand terwyl sy en haar vriendin drankies drink, kry sy die slegste nuus ooit.  Haar geliefde suster is in ‘n motorongeluk oorlede – maar sy het nou so onlangs met haar gesels, hoe nou?  Haar suster sal nooit jaag nie.  Sy is net perfek, met alles.  By die begrafnis, vra Etienne, haar swaer, om hom te help met die kinders.  Net totdat Milan se werk permit reg is om Colombia toe te gaan.  So met die besige skedules wat die kinders het, en die veeleisende werk wat Etienne het, raak Milan so geheg aan die kinders dat sy nie meer so seker is of sy wel in Colombia wil gaan werk nie.  Sy is ook mos nie meer jongmeisieverlief op Etienne nie – dit is oor en verby, of hoe?  Victoria is mos baie nader aan Etienne want hulle werk so baie saam in die laat aande.  Toe moes sy ook stories begin hoor oor haar suster, wat sekerlik nie waar is nie.  Haar suster was net perfek.  Alma Carstens, baie geluk met ‘n uitstekende boek.  Ek het baie lekker gelees.

Blameer die skoenlapper

Skrywer: Elsa Winckler

Het ek nou vir jou lekker gelees. Elsa het net die regte manier om ‘n storie te skryf wat jou net dwing om dit klaar te lees en jou hele huishouding agter te laat.  Catharien wat haar eie besigheid besit wat geleenthede beplan, was vriendelik verplig om Josh te gaan sien om sy nuwe boek bekendstelling te reël.  Maar sy was so siek maar het toe maar deurgedruk en gegaan (reën en als).  So siek was sy dat sy by Josh moes oornag.  Nadat sy gesond geword het, het hulle lewens net aangegaan – of so het hulle gedink.  Hulle stel elk nie in ‘n verhouding belang nie en skop erg daarteen, maar die noodlot het ander planne met haar.  Sy het probeer uitgaan met Josh se pel, maar kon net nie oor Josh kom nie – sy het hopeloos haar hart verloor.  Hoe nou gemaak.  En al wat Josh kan onthou was die skoenlapper tatoo wat hy gesien het op haar boud toe sy so siek was op sy bank voor die kaggel.  Welgedaan Else.  Ek het hierdie boek rerig baie geniet.

Sonde met die Buurman

Skrywer: Rosita Oberholster

Nou vir wat moet hierdie bedorwe rykman, nou reg langs haar huis kom bou.  En nog boonop die fona en flora skade aandoen.  Hierdie enorme huis bederf net haar see uitsig.  Min het sy geweet dat hierdie man ‘n groot deel van haar lewe sou word.  Hulle word vriende wat mekaar se geselskap baie geniet, maar toe word hulle in ‘n gerieflikheids huwelik gedompel om sy openbare beeld te beskerm.  So groot vriende hulle is, is hulle wêrelde nie eenders nie en kan hulle nie by mekaar se lewens inpas nie.  Sy wat vrywillige werk doen en die pikkewyne red en Blake met sy rykmans partytjies.  Ondangs haar liefde vir Blake, kan sy net nie inpas nie.  Selfs toe Kate amper verdrink het en ‘n ander sy van Blake sien, kan sy nie verseker wees waar hulle inpas nie.  Ek het hierdie boek rerig baie geniet.  Met al sy intriges hou jou op die punt van jou stoel.  Welgedaan Rosita