Alice se Ierse Sprokie

Alice se Ierse SprokieSkrywer: René van Zyl

Kan ‘n gewone kleuterskool juffrou so gelukkig wees, maar ook so ongelukkig is.  Toe Marius haar net so kon los nadat sy uitgevind het, sy kan nie kinders kry nie, is net die slegste wat kan gebeur. By die skool kry sy twee nuwe dogtertjies by, met ‘n pa wat lyk of hy enige oomblik haat kop gaan afkap. So erg beduiweld. Toe nooi hy haar saam om saam met hom en sy twee dogters Ierland toe te gaan. Maar waar speel Cindy dan in sy lewe. Sy is dan so ‘n ongelooflike dinamiese vrou en ‘n suksesvolle sakevrou. Maar sy was nie saam genooi nie. Dan leer Alice dat Sean, dat hy wel familie in Ierland het maar hy wil net niks met hulle te doen hê nie. Maar hoekom nie? Familie is een van die belangrikste dinge in ‘n mens se lewe. Maar wat Sean briesend maak is dat Alice in ‘n land van feetjies en kabouters glo en so die kinders blootstel aan ‘n wêreld van sprokies. Alice begin besef dat hierdie Ierse man diep in haar hart gekruip het, maar sal hy in haar wêreld ook kan besef dat sprokies, ook goed kan wees vir sy tweeling en hoe voel hy oor haar.

Welgedaan René met ‘n baie suksesvolle boek.

Perfek vir my

Perfek vir mySkrywer: Marilé Cloete

Moet sy nou rerig saam met haar suster en die se man gaan vakansie hou?! En noggal gaan kamp. En die ergste van alles, gaan Francois saam. Hoe kan sy die tyd vergeet toe sy so ‘n blaps gemaak het op haar suster se troue. Sy is seker hy sal dit nooit vergeet nie. Cassandra moes haar suster met tye bystaan met die nuwe nuus dat sy swanger is en nie so bly is oor die nuus nie. En as haar suster se swangerskap nie die enigste onstuimigheid in haar lewe is nie, is dit Francois, met sy onbeskryflike bakkies, wat haar lewe omver kom gooi. Dat haar suster en swaer nou wil cupid speel, maar haar woedend kwaad. Francois het ook ‘n manier gekry om haar siel gereeld uit te trek. Maar met die nuus dat Lea al hoe meer agteruitgaan, moes Francois, onmiddelik teruggaan huis toe om na haar om te sien. Maar die vet weet, het sy rerig vrede gemaak met haar voller figuur en maak dit wat ander sê nie meer saak nie. Moet Francois, nou met sy sielkundige beroep, ook in haar lewe inkom en dit omvergooi.

Baie geluk Marilé met ‘n baie suksesvolle boek. Ek het lekker gelees.

Die meisie van die rots

Die meisie van die rotsSkrywer: Nerina le Roux

Nee! Sy gaan spring! Nicolaas haas hom na waar sy in die water ingespring het. Hy het net na Rotsbaai toe gekom, om sy pa so bietjie rede in te praat. Hierdie ou tannie, Nettie, wat net hulle pa wil lok om met haar te trou, moet hy kom stop sit. Sy susters het hom geen uitkom kans gegun nie. Hy is mos die seun van die gesin. Toe ontmoet Nicolaar die “Tannie”. Dis is toe sy pa vir Nettie nooit om by hulle te kom eet die aand, dat hy vinnig agterkom dat die beelskone meisie wat van die rots afgespring het, Dinette of Nettie is, wat in sy pa se lewe so ‘n groot rol speel. Wat seker maak sy pa neem sy pille gereeld en oegen genoeg. Maar die twee sit nie heeltemal langs die selfde vuur nie maar Nicolaas, het ander planne. Dinette se lewe waarvoor sy weggehardloop het, kan sy net nie afskud nie. Vinnig vind Nicolaas uit oor die storie waarvoor sy weghardloop, maar toe staan hy haar by sodat sy haar storie ook kan vertel, haar kant van die storie. Haar verloofde wat toe altyd ‘n getroude man is, wat haar bedrieg het, net vir sy eie plesier.

Welgedaan Nerina. Ek het hierdie boek vreeslik geniet

Uit die Bloute

Uit die blouteSkrywer: Chanette Paul

O my vrek, WAT ‘N BOEK. Hierdie is ‘n boek wat jy mee moet gaan wegkruip waar niemand jou kan pla nie. Want neersit, is daar geen sprake nie. Ek het soms selfs gewonder of daar nie wel UFO’s is nie. Maar wat ‘n draai in die storie!! Net sodra jy dink jy weet nou wat volgende gaan gebeur, gebeur iets wat jy net nooit sou verwag het nie. Alles, het ‘n storie wat van ver langs kom en sy eindpunt op die plot met die piering geboue kom stop. Mense wat hulle lewe voorberei vir die einde wanneer hulle kom haal word. Dan, die mans wat gereeld wegraak uit die samelewe en dan na ‘n paar jaar, dood gevind word. En wat het die moord van die regter met alles uit te maak. Doodgeskiet met ‘n pyl en boog. Drie keer. Dan kom Irene na Ayla toe met ‘n brief wat deur haar suster geskryf is. ‘N brief wat wys sy sal doodmaak en nie eens sleg voel daaroor nie. Maar Irene se suster, is Ayla se suster se boesemvriendin. Wie van die twee is gebreinspoel. Hoe kan hulle sulke onsin kwytraak. Of is dit onsin. Ek wil nie te veel vertel nie, want net nou laat ek die kat uit die sak en hierdie boek is ‘n absolute MOET om te lees.

Chanette, hierdie is nie net “welgedaan” nie. Hierdie boek was onbeskryflik!!

Ver in die wêreld Kittie

Ver in die wereld kittieSkrywer:  Santie van der Merwe

Weereens ‘n vreeslike lekker lees van Santie.  Die verskillende mense van een gesin en die uiteenlopende gebeurtenisse wat elkeen beinvloed en hoe elkeen daarmee leef.  Kittie wat terug moes kom van England om haar ma te versorg nadat dié ‘n beroerte gehad het, vind baie goed uit oor haar gesin en maak so vrede daarmee.  Met dié dat sy so baie uitvra oor dinge en die mense om haar vertel hoe dit haar geraak het, help sy min wetend, die ander lede van haar gesin.  Maar hulle los van hulle worstellinge met die dinge wat in hulle kinderdae gebeur het.  Kittie help haar broer en suster maar min wetend, ook haar ma, wat ‘n ongelooflike moeilike kinderlewe gehad het.  Wat nie liefde geken het nie en dalk so ook, nie geweet het, hoe om liefde te wys nie.  Ek het rerig hierdie boek geniet.  Om te sien hoe bevoorregt ek was in my kinderdae.