Tamara

Skrywer: Chanette Paul

So word al die kinders op die Davel plaas groot, in sluitend, Tamara.  ‘n Rabadoe wat nie eenkant toe staan vir die plaaslewe nie.  Dinge moet gedoen word.  Tamara het ‘n hegte bond met haar half broer, Joshua, van kleins af.  Joshua het haar groot gemaak na haar Moeder se afsterwe.  Toe sy ‘n volwaardige vrou word, besef sy, daar is meer wat sy voel vir hierdie broer van haar.  Hulle twee behoort saam, maar dit kan mos nie werk nie.  Joshua en haar pa, probeer met alle mag vir haar ‘n man soek, voordat sy op die rak sit.  Nie dat sy lank sal kan stil sit nie.  So kom Ryk Ruben oor haar pad, wat haar wys hoe die ryk mense van die dorp lewe en wat sy as vrou alles kan kry.  Maar haar hart trek nog al die pad na Joshua.  En toe breek die oorlog uit wat alles deurmekaar maak.  Tamara besluit om, teen haar pa en broer se wil, op die plaas te bly en so vir die troepe wat verby kom, het sorg.  Ma Saar, is die enigste persoon wat die waarheid weet van Joshua maar nou is sy soek.  En Tamara moet net weet wat sy met haar liefde moet doen.  Ek het rerig hierdie boek baie geniet.  Welgedaan Chanette

Leave a comment