Pienk Bikini

pienk bikiniSkrywer: Christien Neser

Ek was baie skepties om met die boek te begin, want dit gaan oor die lewe van ‘n hoërskool meisie en daai gedeelte van my lewe is finaal afgehandel. Maar ek was aangenaam verras. Dit gaan oor die lewe van ‘n koshuis hoërskool meisie, met al hulle mannewales wat hulle aanvang, bind die boek jou in ‘n mate om so tog die boek te wil klaar lees. Dis ‘n baie ligte lees met nie te veel intriges nie, maar tog tye wat jou laat lag en die glimlag op jou gesig te hou. Continue reading “Pienk Bikini”

Die Professor en die Beterweter

die-professor-en-die-beterweter_voorblad-high-resHart Ek is verliefSkrywer: Malene Breytenbach

Wat ‘n avontuur! Wanneer daar van opgrawings geskryf word, is daar altyd ‘n lekker avontuur aan die kom. Professor Karin moet een van haar nuwe studente help met sy doktors graad. Die student is ‘n “hunk” van ‘n man en sy sukkel om te konsentreer. Continue reading “Die Professor en die Beterweter”

Haar Storieboekheld

Haar storieboekheldHart Ek is verliefSkrywer: Cheryl Rogers

Op ‘n Griekse eiland, ver oor die see. Waar die son lieflik warm brand op die wit gekalkte mure van die poskaart mooie huisies, so eie aan hierdie eiland. Dis waar Bobbie haar seerplekke kom lek het, na haar mislukte troudag, waar die bruidegom weg gehardloop het, letterlik. Sy was na haar lewenslange vriendin, Tania se troudag toe uitgenooi en wat ook ‘n wegbreek kans vir haar is. Hier ontmoet sy Tania se neef, Marko. Wat ‘n “dish” maar hy lyk net soos haar gewese verloofde en dit ontstel haar. Continue reading “Haar Storieboekheld”

Liefde in die Karoo

liefde-in-die-karoo_high-resHart Ek is verliefSkrywer: Rika du Plessis

Wat? Nee die boek kan nie nou al klaar wees nie. Ek het dit so geniet. Die stryery en harde kwas geit, laat jou soms net lekker kry want ons almal weet tog wat gaan gebeur. Maar dit bly nogsteeds lekker. Rika kry dit so goed reg om jou te bind sodat jy net nie die boek wil neersit nie. Wat se mannewales gaan hulle nog aanvang of hoe daarteen skop. Ook die wonder oor Orpha, waar pas sy in die prentjie en is sy deel van die prentjie. Selfs die gewonder oor Stephan, maar gou is daai wonder verby. Selfde ou fout wat “voor op die wa” ouens maak – dink dat vrouens nie deur hulle “show” kan sien nie. Dit was rerig ‘n lekker lees gewees. Ook om te sien hoe Karin se karakter groei deur die boek en te wys dat vrouens nie swakkelinge is nie en hulle kan ook ‘n suksesvolle boer kan wees.

Wel gedaan.

Lente in ‘n bottel

Lente in 'n bottelHart Ek is verliefSkrywer: Jacolet van den Berg

Hierdie storie het my laat dink aan die film “Message in a bottle” waar die akteur ‘n liefdes brief aan sy oorlede vrou skryf en waarop die meisie wat die bottel kry, verlief raak op die skrywer. Hier het ook Jordaan, Lente se wenslys gekry wat sy vir haar lewe wou hê. Lente raak verdiep in die restourasie wat sy doen vir Jordaan se plaashuis en ook vasgevang in die joernale van ‘n vorige vrou wat op die plaas gewoon het. Jacolet het so ‘n raak beskrywing van Lente se kantoor, dat jy amper die stof in haar kantoor kan ruik wat op al die ou boeke is en selfs in die studeerkamer in Jordaan se huis. Ek wil ook sommer deur al daai boeke self gaan om te sien watse skatte nog daar gekry kan word.

Continue reading “Lente in ‘n bottel”

Hoe diep die Liefde Le

Waar liefde leHart SjoeSkrywer: Elsa Winckler

Ek kan nog steeds nie glo hoe lekker ek aan hierdie omnibus gelees het nie. Die is drie afsonderlike stories maar een familie. Weereens ‘n lekker “warm” storie maar wat nie te ver gaan nie. Dit was ‘n lekker gemaklike lees en toe ek klaar was, was ek eintlik baie hardseer want ek het nou vir so ‘n lang ruk saam met hulle geleef en nou is dit oor en verby. Ek moet sê, Elsa Winckler, jy is nou offisieel een van my gunsteling skrywers. Continue reading “Hoe diep die Liefde Le”

Die Dokter se Rare Fobie

Die dokter se rare fobieHart Ek is verliefSkrywer: Trudy Reinhardt

‘n Swerwende dokter kom op St Francisbaai locum en maar die norse dr Sean Byrne se lewe soos die van klei. Maar sy besef sy kan nie vir hom lief word nie, want sy is mos ‘n swewer wat nog haar voete moet vind. Soos dit toe uitwerk raak sy wel lief vir hom, maar probeer hom vele kere wegstoot want aan die einde van haar kontrak periode moet sy weer die pad vat. Met al die krisisse wat hulle saam moet behartig tot die kanorit op die kanaal, laat die laaste mure om haar krummel en sy tot die besef kom. ‘n Boek wat ek kan aanbeveel vir enige romanse liefhebber. Welgedaan Trudy Reinhardt.

Aspoesterskoene

Aspoesterskoene-2de-UitgaweHart SjoeSkrywer: Kristel Loots

Oe hoe kan ek myself vereenselwig met Sarah in die boek. Sy, wat haarself as ‘n vaal eenvoudige getroude vrou sien, word na haar skool reunie toe genooi. Jy wil ‘n indruk maak op almal; wys jy is suksesvol, al is dit nie in jou beroep wat jy het nie, maar wat jy geword het en nogsteeds is. Sarah se man wou alweer nie saam met haar gaan nie en so moes sy met haar skedonkie deur ry, alleen. Waar sy só goed voel in haar nuwe hoë hak skoene en nuwe haarstyl, wil sy die koppe laat draai. Continue reading “Aspoesterskoene”