Die einde van die Storie

Die einde van die storieSkrywer: Santie van Der Merwe

Ek is seker vele getroudes het al hierdie punt in hulle huwelik bereik wat hulle die gevreesde vraag besef – is ek nog lief vir my maat? Wat doen jy nou na soveel jare saam en jy bereik die punt van “ek is nie meer lief vir hom nie”. Lizzie en Marthinus is al vir agt en twintig jaar getroud en Lizzie voel dat hulle net twee loseerders is wat ‘n huis saam deel. Die “spark” van hulle huwelik is net nie meer daar nie. Sy sê toe vir Marthinus hoe sy voel en dié beantwoord haar nie soos wat sy gedink het nie. Met die skuif van Marthinus se goed na hul dogter se kamer, beseer sy haar ewige moeilike rug en sy word vorseer om in die bed te bly en Marthinus haar moet help. Lizzie word so ook gevorseer om weer te “connect “ met die mense in en om haar lewe. Leer soveel dinge wat sy glad nie geweet het nie. Met al die dinge wat gebeur, is die storie baie langdradig en met geen opwinding wat jou bind sodat jy nie die boek wil neersit nie. Ek het so bietjie gesukkel om klaar te maak met die boek, MAAR dit het my tog so bietjie laat wonder en dink. Continue reading “Die einde van die Storie”

Rose vir Roselle

Rose vir RoselleSkrywer: Rosita Oberholster

Van bladsy een, kon ek hierdie boek net nie waag om neer te sit nie. Daar was net iets wat my getrek het. Een groot gebeurtenis na die volgende, hou jou ten alle tye gebind. Roselle keer weer terug na haar geboorte plaas waar haar twee tantes die plaas bestuur het. Hier vind sy dat hulle ‘n wild vreemde swerwer aangestel het, wat help met die plaas. Die swerwer, Steph, is ‘n geslote boek en iemand wat aan Roselle knaag sonder dat hy daarvan weet. Sy vertrou hom glad nie weens Steph se geslote houding teenoor haar nie. Dan moet sy uitvind die plaas se finansies is nie te wel nie. Dan moet die droogte ook sy tol kom eis. Met die dat Steph die plaas so goed behartig, is Roselle vreeslik verveeld en soek iets om haar mee besig te hou. Ook die dade van Roselle se ontroue verloofde (ex-verloofde), wat dubbel oor haar pad kom. Van Roselle se mense word siek en sy word verplig om die leisels te gryp en ook te bewys sy is nie net ‘n bedorwe prinses nie. Rosita Oberholster, jy is nou definitief een van my gunsteling skrywers. Welgedaan! Continue reading “Rose vir Roselle”

Liefste Omgee Man

liefste-omgeeman-voorblad_high-resSkrywer: Petronel Louw

Wat ‘n storie! Soveel intriges. Ek kon net nie die boek neersit nie. Janika is ‘n geheime agent wat in majoor Brink Lategan se span geskuif word om te help met ‘n dwelm sindikaat deur gebruik te maak van haar afluister apparaat. Hulle moet voor gee dat hulle verloof is en dat Janika maar by die modelagentskap sal aansluit. Verbasend doen Janika baie goed by die modelagentskap maar dryf majoor Brink Lategan se ongemak net hoër op. Kan die dwelm sindikaat by die model agentskap wees? En wat in fout met majoor Lategan dat hy so teenoor Janika optree? Eers kan hy nie sy hande van haar af hou nie en dan vra hy omverskoning. Hulle twee het amper ‘n paar keer baie naby die grens van “geen omdraai” oorsteek en dan is haar aanneem familie so opgewonde oor haar verlowing, wat eintlik net daar is vir hulle ondersoek. Petronel Louw, baie geluk met ‘n uitstekende boek. Continue reading “Liefste Omgee Man”

Bêre my soen

Bere my soeneSkrywer: Dina Botha

Wat ‘n romanse. Die twee wat op die lughawe ontmoet en stry kry oor ‘n tas. Hierdie twee kom weer terug huis toe na ‘n lang tyd in Londen. Vir hierdie twee was dit ‘n terugkom na ‘n enorme verantwoordelikheid. Hulle twee moet die leisels oorneem van ewe suksesvolle familiebesighede. Voordat dit kon gebeur, besluit Jaybee om weg te gaan met vakansie en Will nooi homself saam. Will maak elke dag vir haar asemrowend, ‘n dag om te onthou. Maar Jaybee kan nie verlief raak op Will nie want sy moet met Maxwell ‘n verhouding hê, vir die voortbestaan van die besigheid. Maar kan jy vir jou hart voorskryf? Na die vakansie, ontmoet sy vir Maxwell, en wat ‘n groot skok. Gaan Jaybee se storie ‘n gelukkige einde hê? Hierdie was rerig ‘n lekker roman om te lees. Welgedaan Dina Botha. Continue reading “Bêre my soen”

Held in ‘n Oorpak

held-in-n-oorpak_voorblad_high-resSkrywer: Madelie Human

Ek moet bieg, toe ek vir Zack op die voorblad van hierdie boek sien, was ek sommer baie lus vir die boek. Arme Emma wat sonder werk en dalk haar woonstel gaan wees, sit in ‘n penarie. Gelukkig vir haar, het haar beste pel, Hanno, ‘n oplossing. Hy stel haar toe aan die beneukde Zack voor wat besig is om sy nuwe huis te restoreer en nog sy beeldhouwerk te doen. Zack was baie skepties oor haar, want hierdie skraal klein meisie met haar graad in die skone kunste is nie veel werd vir hom nie. Hy moet nog die huis klaar kry nog voor hy sy kunsgallery oopmaak. Maar hierdie girl het nie op haar bek geval nie, en sit vinnig vir Zack ore aan. Emma trek toe in een van die huis se kamers in en die twee is heeldag in mekaar se geselskap. Vinnig begin daar iets tussen hulle ontwikkel maar altwee het hul redes om nie hul alleenloper status op te gee nie. Ek het hierdie boek vreeslik baie geniet. Welgedaan Madelie Human met nog ‘n lekker roman op jou kerfstok. Continue reading “Held in ‘n Oorpak”

Bewustelik joune

Bewustelik jouneSkrywer: Elsa Wincler

Hierdie romanse begin op so ‘n trant dat jy amper die boek wil neersit. Kris het ‘n gruwelike aan also oorleef met net ‘n letsel op haar gesig, of so het sy gedink. Emosioneel het sy groot skade beleef en sukkel sy nog steeds na vyf jaar om te herstel. Toe word sy uitgenooi om ‘n kurses aan te bied, maar in die Kaap. Weg van haar huis, haar veilig hawe. Sy sukkel nog steeds om haarself te vergewe. Haar probleem is, al die gastehuise is vol bespreek en sy kry nêrens plek om te bly vir ‘ n maand nie. Toe stel haar vriendin, Lien, voor dat Kris in haar broer se huis gaan bly want die gaan vir ‘n maand weg, maar Luca se planne het verander en dit bly verander toe die twee ontmoet. Dit raak so bietjie met tye, by warm en ek sal nie die boek vir ‘n jong leser aanbeveel nie. Nog steeds ‘n fantastiese boek om te lees en ek sal dit definitief aanbeveel. Welgedaan Elsa Winckler Continue reading “Bewustelik joune”

Maskerdans

MaskerdansSkrywer: Frenette van Wyk

Wat ‘n romantiese storie. Kan die normale lewe nie so wees nie? Om by ‘n maskerbal ‘n gemaskerde ridder te ontmoet en hy wil jou meer as een keer êrens ontmoet. Kan dit haar nuwe snaarstyf baas wees, wat nie eens kan glimlag nie. Of is dit sy broer wat baie soos hy lyk. Maar tog is daar leidrade wat die ridder laat val, of verbeel sy haarself net. Dat die ridder so lekker kan dans en vir haar blomme stuur, en hy ontmoet haar by elke restaurant met sy masker op, verbreek nie die geheimsinnigheid nie. Ook, gaan sy die nuwe geur parfuum gereed hê en haar baas tevrede stel ? Dan help Loiselle nog vir Llewellyn om sy nuwe parfuum te ontwikkel om so, weer vrede te maak, met sy broer en siek ma. Ek het rerig hierdie boek geniet. Welgedaan Frenette van Wyk. Continue reading “Maskerdans”

Spore in die Wind

Skrywer: Karen de Villiers

spore-in-die-wind_webHierdie was n baie lekker lees. Soms wil jy net vir Tinki sê sy hoef nie met alles in beheer te wees nie. Toe die sjeik daar opdaag, dink sy sy moet die plaas beskerm, al is hy nou die nuwe eienaar van die plaas. En dan is hy nog ook so vrek aantreklik. Dat sy haar hart op die man verloor het, wil sy net nie aanvaar nie. Die spanning van waar hulle die perde diewe probeer vang, help dat jy nie vinnig die boek wil neersit nie. Maar toe beland Tinki in die hospitaal en die super aantreklike sjeik, Zac verdwyn sonder om vir haar iets te sê. Hy het haar dan gesoen , dat haar tone omkrul. Hoe kan ‘n smoor verliefde meisie oorleef. Ek het die boek baie geniet. Welgedaan Karen de Villiers Continue reading “Spore in die Wind”

Hart van ‘n Man

hart-van-n-man_high-resSkrywer: Madelein Stoltz

Hart van ‘n man was nou rerig ‘n lekker gemaklike lees. In ‘n mate het die boek my gebind dat ek nie sommer dit wou neersit nie. Om te sien hoe die hoofkarakter, Kiara, groei totdat sy wel die belangrikste besluit van haar lewe maak. Nadat sy na die Klein Lindie moet omsien, kom sy agter hoe sy rerig haar lewe wil hê. Sy wil nie meer ‘n alleen loper wees wat net na die volgende genot lewe nie. Liam het ook stabiliteit nodig na sy vrou en kind se dood. En wat hulle moes deurmaak. Liam se karakter het ook gegroei waar hy moet leer hoe om met Kiara te werk dat hulle nie die hele tyd koppe stamp nie. Wel gedaan Madelein Stoltz met nog ‘n suksesvolle Roman. Continue reading “Hart van ‘n Man”

‘n Man vir Altyd

'n Man vir altydSkrywer: Marilé Cloete

Interesante lees. Drie afsonderlike stories, maar al drie gebruik die selfde karakters. So jy wil voel dit is een lang verhaal. Ongelukkig kry ek die gevoel die skrywer het probeer bladsye volmaak met die oordrewe beskrywings met tye. Ek sê nie sy moet glad nie beskryf nie, maar soos wat jy lees, kry jy ewe skielik ‘n paragraaf wat net ‘n klomp beskrywing is. As jy wel beskrywing gebruik, wat baie nodig is in ‘n boek, moet dit reg deur die boek gebruik word. Andersins het ek die drie stories rerig geniet. Dit is ‘n plat op die aarde storie(s), waarmee jy jouself mee kan identifiseer. Soms wil jy die geliefdes net ‘n warm klap gee sodat hulle net kan wakker skrik en die verwikkelinge kan sien en ervaar. Welgedaan Marilé Cloete, met ‘n suksesvolle boek. Continue reading “‘n Man vir Altyd”