Never judge a book by its cover

Ancient closed book with green coverDaai gewone frase van “never judge a book by its cover” kan gebruik word as jy dit nie letterlik gebruik nie, maar dit is ‘n heel anderster storie wanneer jy dit wel toepas op ‘n boek.  Glo my, ek kyk altyd eers na die boek se voorblad, voordat ek dit begin te lees.

Wel, so gebeur dit eendag wat ek die kinders moes optel na ‘n kamp en het die tyd heel mis.  Soos ek is, word ek gou verveeld en soek iets om te doen.  Selfoon speletjies kan ek nie speel nie, want die goed gebruik altyd data en daarvan het ek nie baie nie.  So kry ek ‘n Romanza boekie in my kar wat in ‘n tydskrif was.  Dit het ‘n gewone swart buite blad, met ‘n swart en wit prentjie – niks interessant nie.  Ek lees toe maar die boek en daar was die boek toe nie te erg nie.  Maar nogsteeds, as dit ‘n ander omslag gehad het, wat wel die aandag trek, sou ek dalk eerste gegaan het en nie in my motor gelos het vir weke nie.

Maar kom jy by die mensdom, kan jy nie met dieselfde kam geskeer word nie. Dis daai binnekant wat goud werd is. Wat skree om gesien en gehoor te word.  Gee elkeen ‘n kans, al lyk die persoon op die oog af nie wat jy wil hê dit moet lyk nie. Leer julle ken en dan maak jy jou gevolgtrekking.

Blomme vir Melissa

Blomme vir melissaSkrywer: Ciska Olivier

Soos wat dit met vele meisies gebeur, daai een nag van absolute passie en genot, draai om en jy sit met die gebakte pere.  So het dit met Melissa gebeur.  Sy is lief vir Nico (of so het sy gedink) maar toe sy hom vertel dat sy swanger is met sy kind, het hy haar weg gegooi soos ‘n nat waslap.  Haar ook gesê dat sy lieg en hom nooit weer moet kontak.  So het Melissa met haar lewe voortgegaan.  Maar eendag, daag hy daar op en sien dat sy wel swanger is.  Hy wil ‘n pa vir sy kind wees, maar so maklik gaan hierdie vurige (en swanger) meisie, nie so maklik versag nie.  Na die kind se geboorte, trek sy toe maar by hom in, net vir ‘n kort rukkie – of so het sy gedink.  Daar besef sy, dat sy wel nog lief is vir hom en sy wil hom terug hê, maar kan sy hom vertrou om by haar te bly.  By haar en haar kind?

Ek het hierdie boek rerig baie geniet.  Welgedaan Ciska Olivier met nog ‘n suksesvolle boek.

Om jou te vind

Om jou te vindSkrywer: Kristel Loots

Hierdie omnibus is gevul met drie ongelooflike boeke.

Liefde op Vergeetbaai:  Irmariana gaan Vergeetbaai toe om oor haar man se verraad te kom en so koop sy ‘n ou huisie wat baie en ek bedoel baie liefde nodig het.  Haar buurman, ‘n “hunk of note”, is baie stil en teruggetrokke.  Toe sy wou kennis maak, groet hy haar baie stomp en dan wil hy sommer ‘n muur tussen hulle oprig – dan gaan sy niks van die see sien nie.  Dan kom sy gewese vrou terug in die prentjie, en sy is swanger – net toe sy besef het, hierdie man, is haar ridder op sy wit perd

Kiki se kroonprint:  Hoe kan ‘n vaal en klein verslaggewer wat onbekend is, ‘n storie uit die mees gesogde, hubaarste sakeman in die stad, ‘n onderhoud kry.  Sy “vang” hom by sy huis en dring aan op ‘n onderhoud, wat hy haar toestaan.  So kom dit af dat sy vir ‘n paar maande na sy huis en honde moet kyk.  Met hierdie verwikkeling, kontak hy haar gereeld – om te hoor hoe dinge gaan, en hulle word gou bevriend waarop Kiki agterkom dat sy meer as net vriendskap vir hierdie man voel.

Sieraad uit as:  Wat, in die gramadoelas, ver van alles af en hulle weet nie waar hulle hulself bevind nie.  So word Janette, saam met haar baas na ‘n naweek toe gesleep waar jy veronderstel is om van jou rook gewoontes ontslae te raak.  Min wetende, draai dinge heeltemal verkeerd toe een van die mees gesogde aktrieses ook daar opdaag en toe net ewe skielik verdwyn.  So begin die soektog, wat Janette net nie kan uitlos nie (dit is die joernalis in haar wat die oorhand gekry het) maar so ook raak sy verlief op die skone man, wat haar moet help om ontslae te raak van haar nare gewoonte van rook.

Welgedaan Kristel op ‘n baie suksesvolle omnibus.

Splinters van Liefde

Splinters van liefdeSkrywer: Alma Carstens.

Omnibus met drie boeke.

Kaapse draai:  Nou wie sal so iets aanvang.  Om saam met ‘n wild vreemde boer op sy plaas te gaan bly.  So het Lani se vriendin haar omgepraat om te gaan.  Hierdie bot maar absolute blok van ‘n man, slaan heeltemal haar asem weg.  Wel, hy wil niks met haar te doen hê nie, want sy suster het hom weer omgepraat om so iets te doen.  Wel, Lani kry ‘n vakansie, weg van die huis en die stad, al wil hierdie boer niks met haar te doen hê nie.  So besef die twee later, dat hulle meer in gemeen het as wat hulle gedink het.

Tyd sy leer:  Siënna, die rykmans kind, wat vlug na Malawi.  Ver van alles en almal wat haar ken.  Maar ook in die gramadoelas, in die grond en armoede.  Wel, as my pa dieselfde van my verwag, sou ek nog verder weg gaan kruip het.  Gelukkig vir Siënna, bly haar universiteits vriendin hier en sy kan op haar skouer kom rus.  Weereens, kom sy agter hoe die lewe rerig staan.  So leer sy weer die lewe ken deur die oë van die dokter

Luca se obsessie:  Nou wat wil die man van haar hê.  Hy stap eendag in haar bloemiste in, koop ‘n paar langsteel rose wat individueel verpak moet word.  Hier wil hierdie man haar na alle uitgesogte plekke toe vat en al wat Miranda soek is liefde.

Welgedaan Alma met ‘n uitstekende Omnibus

Lank, donker en gevaarlik

Lank donker en gevaarlikSkrywer: Madelie Human

“Hoe kan hierdie man net so op haar pa se plaas kom rondry met sy perd as daar ‘n klomp renosterstroper in die omgewing is.”  Wat soek hy.  Min het Lizma geweet dit hierdie einste man, die man van haar drome is.  Hulle altwee het vurige houdings teenoor mekaar en sy is nie lus vir hierdie buurman van haar nie.  Nie na haar verlowing wat so woestelik beiendig was.  Lizma, as een van die plaas eienaars, moet saamstaan met die ander boere om die renosterstropersindikaat te probeer vastrek.  Sy ken die omgewing baie goed en kan ook hulle taal verstaan.  So vang hulle twee stropers maar min het hulle geweet wat nog kom.  As vryskut joernalis, skryf Lizma ‘n ongelooflike stuk oor die twee veeartse en hulle werk om die renosters te onthoring.  Ongelooflik hartseer, maar ‘n moet om die diere te beskerm.  Ek het hierdie boek baie geniet.  Die bietjie opwinding maar ook die liefde wat hulle nie sy spring nie.

Welgedaan, Madelie Human met ‘n uitstekende boek.