Strooisuiker Liefde

Skrywers: Jacolet van den Berg, Rika Cloete, Corné La Camera, Bernette Bergenthuin, Nadia de Bruin, Lizelle von Wielligh, Petronel Louw, Didi Potgieter

Wat ‘n verfrisende kombinasie van stories.  8 lekkerlees verhale waar jy net kan terug sit en geniet.  Elke verhaal op sy eie uniek.  Ek is nou nie eintlik ‘n groot aanhanger van kort verhale nie, maar hierdie agt verhale was net lank genoeg om nie as ‘n kort verhaal te wees nie.  Met elke verhaal wat jy lees, voel jy sommer jy is net daar by elke karakter, besig om te sien wat hulle aanvang.  Van waar Max by die troue of Craig se oë wat oop gaan om te besef, nie alle mooi vroue is slange in die gras nie.  Welgedaan dames, met hierdie agt super lekker verhale.

Pelgrimshoop

Skrywer: Ronel Nel

Pelgrimshoop was nou vir my ‘n boek met ‘n anderster verloop.  Ek wou gefrustreerd raak en sommer net die boek neersit net om later weer op te tel.  Ek wil weet of Hannah en Elias bymekaar gaan uitkom en hoekom het Elias ‘n leermeester laat kom.  Maar ek moet nou bysê, die frustrasie het ingekom waar die boek as ‘n gedig voorkom, alles so met oormaat beskryf – ‘n frase wat geen sin maak nie, hoekom nou.  Toe ek later die agterkant van die boek lees en sien Ronel skryf ook digbundels, het ek hierdie boek ook heeltemal verstaan.  Dit is glad nie ‘n voorspelbare boek nie, in teen deel, jy dink dit gaan nou ‘n makliker pad vorentoe wees, en dan boem, daar gebeur weer iets.  Met al die gebeure, het my oë so bietjie oopgegaan en besef hoe gemeen mense was en tog tot ‘n mate nog steeds is maar hier was dit net blatant gewees en ja, ek kan glo dat dit in die vroeëre jare so wel was.  Ronel, welgedaan met ‘n uitstekende boek.

Lira en Mirre

Skrywer: Chanette Paul

Vrek Chanette, ek kan nie glo hoe ek hierdie twee boeke verslint het nie.  Ek het ongelukkig eerste Corali gelees so met tye het ek geweet wat gaan gebeur (my bad), maar al het ek geweet wat gaan gebeur, kon ek net nie genoeg kry nie.  Hierdie drie boeke was uitstekend gewees.  Wil dit met almal deel (jy moet net my boeke weer vir my terug gee).  Hierdie drie boeke het my sommer weer laat verlang na die ondersteuning van vriendinne wat jou ondersteun, deur goed en sleg en dan vrek sleg.  Wat soms jou wys dat daar wel iets goed daaruit kan kom.  Waar is Vywerbaai!!  Ek wil sommer nou soontoe verhuis.  Ek sal in Lira se winkel gaan werk as enige iets en sal help in die kombuis.  Dit sal ek afwissel om Corali ook te gaan help met die mosaiek.  As ‘n mens dink, drie boeke, oor die selfde omgewing met die selfde karakters, sal siel dodend wees, maar dit was die teenoorgestelde.  Ek kon myself in elkeen van hierdie vroue inleef en sommer gevoel wanneer hulle by hul draaipunt kom, dat ek saam kan opstaan.  Vreeslik dankie Chanette vir hierdie drie ongelooflike boeke.

Dag Drie

Skrywer: Jeanette Stals

Mensig, is dit nou lekker spanningsvol.  Dit het so bietjie stadig begin maar toe dit spoed optel, kon ek glad nie die boek neersit nie.  Dit laat jou dink of uncover operasies wel so verloop?  Hoe hulle sukkel en dat hulle binne sekondes besluite moet maak wat mense lewens beinvloed.  Ook, dit het my oë so bietjie laat oop gaan vir die omstandig hede van Mauritius.  Is dit werklik so?  Die TV programme en films laat dit altyd so idilies lyk – nou wil ek sommer nie meer gaan nie.  Met tye was ek saam met Luna gefrustreerd dat sy nie 100% ingelig is op al die verwikkelinge en waaroor die operasie nou eintlik gaan nie en dat sy net moet saamspeel as Mike se verloofde en dan vertrou sy mans ook glad nie.  Haar nuut gevinde half broer wat ook saam met hulle gegaan het, was vir haar net so ‘n ondervinding en belewenis.  Ek moet sê, welgedaan Jeannette, hierdie wat ‘n uitstekende boek.