Lekker, Lekker ingelegte beet

Dankie Mamma vir die resep

Yum yum yum. Daar is niks so lekker soos ingelegte beetslaai nie. So lekker dat my kinders ‘n bottel ‘n slag wil opeet as ek hulle nie keer nie.

Hierdie is die beste ingelegte beetslaai wat jy kan maak.

Bestandele:

  • 500ml Water
  • 1.5kg Beet
  • 500ml Wit Asyn
  • 500ml Suiker
  • 2ml Sout
  • 2ml Fyn Naeltjies
  • 2ml Kaneel
  • 2ml Fyn Gemmer
  • 1ml Swartpeper

Metode:

  1. Bedek die Beet met kookwater en kook tot sag.
  2. Trek (druk eintlik) die skille af en sny in skywe (of rasper of sny in blokkies)
  3. Verhit water, asyn, suiker, sout, naeltjies, kaneel, gemmer, peper tot kookpunt
  4. Voeg die beet “stukke” by, en verlaag die hitte
  5. Sit die deksel op en prut vir 20 minute
  6. Skep warm beet in gesteriliseerde bottels en verseël

As jy die bottel oopmaak, bêre dit in die yskas, maar dit sal nie lank daar bly nie want as jou gesin dit eers geproe het, moet jy maar ‘n wag daarvoor sit – wat daar is nie einde aan hulle eet nie. Ook ideaal om in ‘n klein botteltjie te skep en as ‘n geskenk te gee.

Piesang”Brood”

Met hierdie tyd van die Corona Virus en ons almal vas gekluister is in ons huise, word jy soms gedruk om ander dinge te doen in jou lewe. So het ek my kinders die binnekant van die kombuis gewys (en bewys as jy kan lees, kan jy bak)

Met ons soektog na ‘n resep vir Piesangbrood (want my kinders eet alles in die huis behalwe die piesangs – wat gesond is – op)

Hier is ‘n getoetste piesangbrood resep wat my familie hulle vingers laat afeet. Dankie #Maroela Media

Bestandele:

  • 125g Botter of Margarien (haat dat dit in gram is en nie ml – maar ok, laat ons aangaan)
  • 375ml Suiker
  • 3 eiers
  • 5ml Vanieljegeursel
  • 250ml fyngedrukte piesangs
  • 500ml Koekmeelblom
  • 10ml Bakpoeier
  • 1,5ml Sout
  • 25ml Melk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180oC
  2. Klits die botter of margarien en suiker saam
  3. Voeg die eiers een vir een by
  4. Voeg die geursel by
  5. Voeg nou die piesangmoes by
  6. Sif die droë bestanddele saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die piesangmengsel
  7. Skep in ‘n gesmeerde brood pan en bak 1 uur tot gaar

Ek kan rerig hierdie brood aanbeveel. Lekker eet!!

Koek(ies) bak

IMG_1597Elke huishouding moet ‘n flop vrye koek resep in die huis hê. So het ek een by my ma gekry wat weer dit by ‘n bo-baas bakster gekry het. Met hierdie resep, kan jy vele harte verower met die minste “effort”. Ek moet sê, so deur die jare kry jy “tips” van wat om te doen en wat om nie te doen nie. Luister na raad wat almal jou gee en moenie vergeet van die internet nie. Probeer als – moet net nie bak met ‘n swaar gemoed nie. Jou baksel sal net eindig in ‘n brousel. Continue reading “Koek(ies) bak”

Cremora Tert – met ‘n twist

LippeNataniël het in een van sy grappe vertel van die alewige Cremora Tert by ‘n braai, wat so afgesaag nou al is. Ja, dit kan afgesaag en “boring” wees, maar nie myne nie! Dinge nou in my lewe is als behalwe “boring” – dis wat jy daarvan maak. Ek is al by werk byeenkomste gevra om maar een te bring.

Nataniël, put that in your pipe and smoke it

Continue reading “Cremora Tert – met ‘n twist”