Liefde vir ‘n Cowboy

Skrywer: Didi Potgieter

Was dit nou ‘n lekker lees.  Ek het nou wel nie tuis gevoel nie, meer asof ek ‘n fliek kyk van Hallmark.  Maar nogsteeds lekker.  Om te sien dat twee mense hals oor kop in ‘n huwelik inloop, nie rerig te dink aan die gevolge nie en watse effek dit op hulle alparte gesinne nie.  Brad het ‘n vrou nodig om sy familie plaas te red.  Hulle twee het van die begin af gekliek, maar nie mooi gedink toe hulle trou nie.  Ami vertel nie vir Brad van haar eksman en sy bose planne nie en tot watter uiterstes hy sal gaan, om haar nog verder, in ‘n slegte lig te stel.  So ver Ami gaan, probeer sy net almal gelukkig te hou en haar club, as ‘n sukses te behou.  Sy probeer altyd om uit die media te bly maar nou dat sy getroud is met Brad, moet hulle eers ‘n vertoning opsit om hulle gelukkige huwelik te bewys.  Maar soos wat dit wil, kom Brad in kontak met Ami se eksman en nou moet hy besluit of hy by haar wil bly, al is hy lief vir haar.  Ek het rerig hierdie boek baie geniet.  Welgedaan Didi.

Leave a comment