Onweerstaanbare Passie

Onweerstaanbare PassieSkrywer: Marijke Greeff

Weereens ‘n ongelooflike omnibus van Marijke. Al drie romans het ek vreeslik baie geniet. Daar is soveel wat gebeur in elke roman, dat jy op die punt van jou stoel sit en glad nie weg beweeg nie.

Laat ek eerste begin by “‘n Ongewone meisie”. Hier moes Juli vir Zack beskerm want iemand wil hom uit die weg ruim. Sy is mos ‘n baie suksesvolle lyfwag, maar in hierdie geval, mag Zack glad nie weet sy is daar om hom op te pas nie. Dit maak dinge moeilik want Zack dink sy is agter haar pa se maatskappy en geld. Vele kere het sy Zack gered. Gaan hy agterkom wie en wat sy rerig is, en sal hy haar vergewe?

Die tweede roman is net so goed. Jason kom terug nadat hy van die aardbol verdwyn het. Hierdie man wat miljoene agter sy naam het en wat ook nie sy pa se dood kan verwerk nie. So kom hy terug na sy geboorte land en huis om uit te vind dat sy goeie vriend en butler in die hospitaal is met ‘n moontlike hartaanval. Gelukkig was daar ‘n beeldskone dokter wat kon vinning help. Hierdie dokter was toe altyd Soleil saam met wie hy groot geword het. Vinnig spat daar vonke tussen die twee, maar wil dit nie erken nie.

Laastens, “Formuleliefde”. Catherine moes ‘n artikel skryf oor die alom bekende renjaer Jarod Hunter. ‘n Persoonlike onderhoud, wat hy nooit toestaan aan enige joernalis nie. Sy praat sy ouers haar om, om wel die artikel te skryf. Sy moet saam met hom beweeg in sy kringe en hom kry om oop te maak teenoor haar. Gaan Jarod agterkom wie sy rerig is en wat gaan hy doen as hy uitvind. Mmmmm

Baie geluk Marijke met ‘n uitstekende boek. Ek het dit sooo geniet.

Die Ordeskepper

die_ordeskepper_rgbSkrywer: Bep du Toit

Dit is erg as jy nie ‘n nuwe werk kan kry nie, en nog erger as die bewyse van al jou kwalifikasies, in ‘n brand verwoes is. Wat doen jy om geld te kry om ‘n dak oor jou kop en kos in jou maag te kry. Gelukkig was daar 2 engele wat op Carien se pad gekom het. Eerstens, die buurvrou wat haar vir ‘n paar dae kon losies gee, en tweedens toe Marco vir haar werk geen om “orde” in sy huis te bring. Marco en sy seun kon net nie bo uitkom om alles in orde te hou nie en dit het Marco gedaan gemaak. So ruk Carien orde in hulle huis maar ook in hulle gemoedstoestande. Vinnig kruip sy in hulle harte in. Haar ouers het verongeluk en sy moes gaan uithelp toe Adam slinkse planne beraam om Marco te besigheid in die wiele te ry, het Carien probeer uithelp in Australië. Maar daar het iets vreeslik gebeur met Carien. Sal Marco genoeg omgee om haar te help, of was sy net ‘n baie goeie “ordeskepper” en ‘n werknemer van hom.

Ek het hierdie boek ongelooflik baie geniet. Welgedaan Bep.

In sy Arms

In sy armsSkrywer: Felicia Snyman

Arme Delia moes “terug vlug” na waar sy veilig voel nadat daar ontsmaaklike fotos van haar geneem is en verkeerd geinterpreteer is, in die media geplaas. Sy is nou wel ‘n bekende model, dus so op almal se lippe word die stories versprei. Terug op die plaas, kan sy weer probeer mens word maar so ontmoet sy die alle aantreklike Adriaan, wat haar aandag trek. Sy begin toe ook vir Adriaan se stiefbroer Franse klasse aanbied en Adriaan maak toe sy eie gevolgtrekkings en vergroot so ook die afstand tussen sy stiefbroer en homself. Delia kom dit gou agter en wil dit regstel sonder om rerig in te meng. So probeer sy ook Adriaan se erfplaas red van bankkrotskap, wat tans bestuur word deur Adriaan se stiefma, vir wie hy verafsku. Toe Adriaan hiervan te hore kom, sluit hy vir Delia heeltemal uit sy lewe. Gaan hierdie hardekwas van ‘n man sy kop reg ruk en besef hoe hy voel oor Delia, of is dit alles verlore.

Welgedaan Felicia met ‘n vreeslike lekker boek.

Altyd wink die Liefde

Altyd wink die liefdeSkrywer: Anna van Tonder

Hierdie omnibus het ongelooflike 3 romans wat jy moet lees. Ek het die eerste al ‘n vorige keer gelees so sal nie nou daaroor iets skryf nie. So begin ek by “Tussen twee vure”. Kan iemand wat ‘n doktors graad in musiek het, rerig ‘n au pair wees vir ‘n kleuter? Wel, so het Helette ingespring en begin werk. Dalk net om ‘n bietjie uit te vind oor haar verlore suster wat nie te lank terug oorlede is nie. En nog daarby, is Sanja ook nie ‘n maklike kind nie, (aan die begin). Maar haar befoetered professorpa maak nie die tyd maklik nie, want dan spring sy jonger broer in en maak hom nog net meer befoetered. Gaan hierdie twee hardekwasse ooit besef hoe hulle vir mekaar voel of gaan hulle die handdoek ingooi.

Tweede Roman, “Raaiselvrou”, was net so ‘n lekker boek om te lees. Emma wat besluit het om ‘n verandering in haar lewe te maak, gaan bly op die plaas, Wawielkloof. Hier ontmoet sy twee wonderlike mense, wat haar lewe help verander sonder dat sy dit agterkom. Toe die tyd kom dat sy moet gaan, sit sy tussen twee vure. Wat nou, moet sy bly en na haar hart luister of weg gaan want dalk voel Albertus nie dieselfde oor haar nie.

Welgedaan Anna van Tonder met 3 ongelooflike boeke.

Weer eens Lilly

weer eens lillySkrywer:  René van Zyl

 

Kan twee broers so uiteenlopend wees?  Net soos Kain en Abel. Lilly het tog saam met die twee “seuns” groot geword en weet hoe hulle van mekaar verskil. Dit was net Lilly en haar ma se geluk nadat hulle pa oorlede is, dat Marinus, die ouer broer, hom oor hulle ontferm het. Marinus het haar gevorm om die ideale vrou vir hom eendag te wees. Hare is plat gekam, netjiese kleredrag en haar gedrag, foutloos. Maar is dit hoe Lilly werklik is? Toe Lilly en Marinus op sy ouers se plaas weer gaan kuier het, het vorige wonde en herinneringe teruggekom. Migael, wat haar eerste liefde was (ook die jonger en sexier broer) bevraagteken hoe sy lyk en optree. Dit is waar sy haarself in haarself begin twyfel. Is sy werklik lief vir Marinus wat haar onder sy vlerk geneem het en gevorm het na die vrou wat sy vandag is. Marinus verbied haar ook om te verf – dit wat haar vreeslik gelukkig maak. Wat beteken hierdie ander vrou in Migael se lewe?

Ek het hierdie boek rerig baie geniet. Soms gevoel dat dit storie net nie moet ophou nie. Jy wil nog verder deel wees van hierdie gesin se lewe. Welgedaan René met ‘n baie suksesvolle boek.