Dinge kan skeef en krom in die lewe wees

yoga-pose_1Dinge kan skeef en krom in die lewe wees, niks hoef perfek te wees nie.  Maar as jy nou mooi dink, is enige iets in die lewe daar buite, perfek?  Daai model met die perfekte lyf – is dit rêrig haar lyf wat so perfek is, of is die vermoeë van die “grafic designer” om goed “photo editing” te doen?

En so moet jy jou kunswerke benader, maar selfs die dinge in jou lewe.  Vir die werkende ma, wat nie veel tyd het om dinge perfek te hê nie en net wil ontspan, “go for it”, moenie te veel worry nie.  Die kort tydjie wat jy afknyp, wat die kinders jou wel so bietjie uitlos, ontspan en geniet dit en moenie doen soos wat ek doen nie – skuldig voel daaroor nie.  Ons mag ontspan.  En ja, jou man moet maar ook sy tydjie kry om te ontspan, hulle werk ook maar hard – maar hy mag nou nie die dam onder die eend uitruk nie. Daar moet altyd balans wees. Jy kan dalk nie elke dag 2 ure aan jou kuns bestee nie, dalk net 2 ure per week, maar doen dit ten minste. Onthou van jou gesin ook. Dis daai balans wat uitgevind moet word en behou word.

Kuns gee jou karakter, maak jou stil en kalm – jy vind jouself weer. Jy bestaan as ‘n individue.

Met die skeef en krom geit, gee jy jou kunswerk so bietjie karakter en ‘n uniekheid.  Kyk, ek is nou nie ‘n kunstige mens nie, maar wel bietjie kreatief.  Dus, wanneer ek iets kies om aan te pak, kies ek iets wat modern is, wat kan skeef en krom wees, wat kan verskillende kleure wees.

Verf ‘n “funny bird”, wat pryk met al die kleure van die reënboog en skewe oë wat lyk of hy net so bietjie te diep in die bottel gekyk het.  Vat ‘n skoenlapper, wat besig is om ‘n wilde “U” draai te vat, dis hoekom sy vlerke nie simetries is nie.

Nou wanneer jy iets aanpak, breek dit eers op in sy eenvoudigste vorms en kyk waaruit dit bestaan.  Dan bou jy dit weer op, maar maak dit nou joune.  Jy is dalk nie iemand wat kan naald werk doen nie, dan gaan koop ‘n klaar gemaakte, plain basis en bou verder op hom.

So, gaan maak nou vir jou ‘n koppie tee, of as jy een van die kinders kan opkommandeer om dit te maak – gaan sit nou en dink prakties, wat sal nice wees om te hê.

Leave a comment