‘n Huis vir altyd

Skrywer: Cecilia Nortjé

Nee!! Hoe kan jy die boek so laat eindig.  Ek hoop van harte dat daar ‘n volgende boek gaan wees, want as daar nie is nie, gaan ek hewig ontsteld wees.  Net sodra dinge begin uitwerk, loop dinge in ‘n ander rigting.  Milan word ‘n weduwee en vind uit dat haar man en sy skelpie, saam was met die ongeluk.  So verloor sy alles want hy het soveel planne gehad, maar niks blywend nie.  Al wat in haar naam was, was ‘n ou huis van haar man se tante – wat nou haar enigste heenkome geword het.  Sy kan die huis vinnig verkoop en so ‘n nuwe lewe vir haarself begin, maar min wete is dat die huis so bietjie baie liefde nodig het, en daar is nie baie mense wat ‘n huis op so ‘n klein dorpie sal wil koop nie.  Maar hier kom sy agter dat mense wel gaaf kan wees en jou sal bystaan, of jy nou wil of nie.  Maar of haar lewe nie al klaar onderste bo was nie, vra Henk, die gesogte uber aantreklike boer van die kontrei, haar om met hom te trou – maar net ‘n gerieflikheidshuwelik.  So word altwee partye gehelp.  Sy moes ‘n hele gedaante verwisseling ondergaan om in te pas by die Vaalkransboervrou mileu.  Kan sy dit volhou en hoe kan jy jou hart in toom hou.  Cecilia, ek wag vir boek 2.

Wilde Jasmyn vir Steyn

Skrywer: Rosita Oberholster

Steyn het na baie baie baie jare besluit om terug te gaan na haar huis toe, wat haar tante tot en met hede uit verhuur het.  Hier kon sy weer met haar dogter ‘n lewe opbou wat sy verloor het, oor so baie jare.  Maar tog voel Steyn tog sy is emosioneel gebreek en moet eers ‘n paar stappe neem om so haar lewe in orde te kry.  Maar met die herontmoeting met haar verlore dogter, kom sy al die gruwel stories te hore van die mense wat haar kind van haar af weg gevat het.  Maar ook die mense wat sy vertrou het – soos haar tante.  Maar hoe is haar tante betrokke by al hierdie en nog meer dinge wat net nie wil sin maak nie.  Hoe het die heks en die boggelrug vrou deel van hierdie storie geword.  Hoe kan Steyn almal vergewe en dan tog geluk kry in haar lewe na alles wat met haar gebeur het.  Net sodra jy dink jy het nou almal se storie gehoor, kry Rosita nog iemand beet wie se storie sy moet vertel.  Dit is ongelooflik lekker om so saam met almal te groei en almal weer toe ontmoet in Rosita se boeke.  Soos altyd is Rosita se boeke van daai wat jy nie durf neersit nie.

Kiekies en Koffie

Skrywer: Louise van der Merwe

Son, see en …Koffie?  Christelle lewe nou die lewe waarna ons almal smag.  Sy kamp orals en neem fotos – net sy en haar hond.  Maar omdat sy dit so geniet by die kampplek, het sy gevra om langer te bly maar toe is daar ‘n dubbele bespreking vir die kamppeer plek.  Sy word toe gedwing om ‘n staanplek te deel met die ultra aantreklike Joshua, wat maar so biejtjie knorrig voorkom, maar sy gee nie ‘n uit om nie.  Maar een aand verloor sy haar tent in ‘n vrat brand en word gewing om saam met Joshua in te trek.  Hy vertel haar toe van sy dilema en dit val presies in die lyn van waarin sy spesialiseer.  Vinnig spring hulle weg, om Joshua te help.  Maar hulle moes by een van sy hotelle intrek.  By ‘n funsies moes Christelle Joshua weer help uit ‘n ongemaklike situasie met Zenobia en sê dat hulle verloof is.  Met die dat Zenobia sien dat Joshua, iemand anders in sy lewe het, maak dit haar meer geditermineerd om hom terug te kry en daag een aand by sy kamer op, met net nie genoeg klere aan nie.  Christelle sien toe hulle in ‘n omhelsing en vat onmiddelik die pad.  Sy het hom vertrou en noggal haar hart op hom verloor.  Welgedaan Louise met ‘n vreeslike lekker boek om te lees.

Vir Altyd Lente

Skrywer: Marilé Cloete

Arme arme Jennie.  Sy het probeer om ‘n beter lewe vir haar te gaan skep in die buiteland maar moes toe druipstert terug kom huis toe.  Haar ouers wou niks weet dat sy by hulle moet kom bly totdat sy weer haar voete kry nie en sy moes toe aan die deur klop van haar vriende.  Gelukkig het sy ongelooflike vriende wat alles sal gee om mekaar by te staan en ondersteun.  Veral haar goeie vriend Herman, wat alles in sy vermoeê doen om dinge vir haar gemaklik te maak.  Die feit ook dat sy swanger is met daai buffel by wie sy gebly het in die buiteland, maak dit nie vir haar enigsins maklik om die mans geslag te vertrou nie.  Herman, besef dat hy oor sy ore toe verlief is op Jennie en vra haar telkemale om met hom te trou, maar Jennie is nog nie geestelik gesond genoeg om so ‘n groot stap in haar lewe te maak nie.  Herman besluit toe om haar spasie te gee dat sy kan genees maar bly nogsteeds haar steunpilaar deur alles.  Sy moet nou die ja-woord vra, hy het genoeg gevra, maar wanneer gaan sy dit dan nou vra, of ooit?  Welgedaan Marlié, met ‘n vreeslike lekker lees boek.

Liefde vir ‘n Feëprinses

Skrywer: Didi Potgieter

Kry vir jou, jou ou t&^f.  Hoe kan enige vrou en ma so optree teenoor jou eie kind.  Maar om terug te kom, Inge word aangestel om John se klein seuntjie se au pair te wees.  Sy moes af op ‘n baie vroeë ouderdom self na haar tweeling boetie en sussie kyk, so sy weet hoe ‘n kind se wese werk.  Met die dat sy vreeslik vinning Robbie aan haar kant kry en sy liefde wen.  Ook sien sy wat het die klein mannetjie nodig.  Inge word nie net baie lief vir Robbie nie, maar daar is ook iets wat sy voel vir John wat sy probeer met mening onderdruk – sy het nie nou tyd daarvoor nie.  Robbie se ma het hom wou hom nie gehad het nie maar toe sy ewe skielik op die toneel verskyn, gebruik sy Robbie om teen Inge te draai (teen sy wil).  Ook vertel Christine leuns oor Inge en die tweeling en probeer hulle uit John se lewe werk.  Maar die manier hoe Christine vir Robbie handteer, is net nie reg nie.  Maar sal John se oë vinnig genoeg oopgaan om die lelike in Christine raak te sien en nie net by haar bly vir Robbie se onthalwe nie.  Welgedaan Didi met ‘n vreeslike lekker boek.

Ware Noord

Skrywer: Elsa Winckler

As dit met my moet gebeur, sal ek erger optree as Evan.  Sy suster bel hom om te sê sy dink daar is iemand buite wat haar skrikkerig maak en hy blaas dit af.  Sy bel hom ‘n paar keer weer terug maar hy het sy foon afgesit want hy kuier mos nou saam met die manne.  En dan gebeur die onbeskryflike.  Drie jaar later, moet hy op die kantlyn wees, weens ‘n knie beseering.  Sy pa betrek hom toe as projekbestuurder by die herbou van ‘n klein kerkie want in duie gestort het, te herbou.  Hier ontmoet hy die beautiful en sexy Anya Breedt, die argitek.  Evan het die Here afgeskryf, want hoe kan ‘n God van liefde, so iets laat gebeur in sy gesin.  Anya aan die ander kant leef naby die Here en kom agter dat sy ‘n middel is wat die Here gebruik om Evan weer terug te kry, maar tog ook om haar wonde te heel.  Die renons wat sy het teen enige rugbyspeler weg te vee.  Evan and Anya is albei nie lus vir ‘n verhouding nie, maar tog is daar iets, iets wat tussen hulle aan die gebeur.  Elsa Winckler, baie geluk met hierdie boek.  Altwee hoof karakters bly die ewe belangrik en jy kan sommer voel hoe elk groei in hulle self.  Welgedaan.

Fees van Versoening

Skrywer: Anna Penzhorn

Hoe kan so ‘n ongeluk, een vrou tref.  Mia doen ‘n onderhoud met Max, die ultra aantreklike besigheids man maar ook versamelaar van ‘n hele klomp antiekhede.  Sy wou nooit hierdie onderhoud doen nie, maar om nou vir die gesogde tydskrif, Le Art te kan werk, is ‘n seëning.  Dan ook probeer die redakteur ‘n “move” maak op haar.  Mia weet daar is baie geheime in enige “gewone” gesin, maar om hierdie geheime van die Van der Bijls’ te ontdek en hoe dit haar lewe direk beinvloed, kan enige normale vrou se einde beteken.  Geheime wat enige mens se hare te laat regopstaan.  Mia raak verlief op Max en kan hom nie uit haar gedagte kry nie, maar toe sy ontdek dat hy haar stiefbroer is, kan sy nie meer nie.  Maar Max tree ook vreeslik anders op teenoor haar.  Voel hy ook hierdie verbode liefde wat sy vir hom ontwikkel het aan?  Ek het hierdie boek rerig geniet – nie baie gebeur nie maar nogsteed ‘n gemaklike lees.  Welgedaan Anna Penzhorn