Lees, Lees, Lees, Oooo

book-759873_960_720Lees, lees, lees, oooo dit is onbeskryflik lekker. Dit is amper soos ‘n verdowingsmiddel waarvan die einde net nooit in sig moet kom nie. Boekwinkel uitverkope is jou ondergang. ‘n Trek pleister. Biblioteke is so die in ding.

So het ek besluit, om nog ‘n liefde van my op my Blog te sit – lees. Lees is so belangrik in ‘n mens se lewe, dat jy maar vroeg met die kinders moet woeker om seker te maak die liefde vir lees is van vroeg al daar. Ek is mal oor Romanse (liefdes verhale) want volgens die Romanza Reeks van Lapa Boekuitgewers is dit baie voordelig om romanse te lees.

Lees maak ‘n nuwe wêreld vir jou oop wat geen ander medium jou bied nie.

My voorliefde het eintlik so 4 jaar eers gebeur toe ek ‘n hunkering gekry het om te begin lees. Ek wou net lees en net nie ophou nie. Ek het op ‘n paar skrywers asook ‘n reeks afgekom wat ‘n lekker “opkrul op die bank of bed” boeke is. Ek wil graag hierdie liefde vir Romanse oordra aan die ouer skooldogters daar buite, maar nie alle romanse daar buite is geskik vir hulle om te lees nie. Party kan so bietjie gewaagd wees – wat hap-hap aan “Fifty shades of Grey”, wat ek wel ook al gelees het.

Afrikaanse skrywers in my oogpunt, is van hoogstaande gehalte. Daar is so baie skrywers waarvan ek hou, dat ek nie kan begin name noem nie. Net te veel talent!

So wil ek by my resensies ‘n skaal sit van “skaam wees”. Daar sal 2 grade van skaam wees. Ek dink net 2 sal genoeg wees want jy is of net gemaklik of jy is vrek skaam. My twee skale sal “Ek is verlief” en “Sjoe” genoem word. Ek dink dit is vanselfsprekend wat elkeen beteken.

Soveel mense het ‘n wanopvatting van Romanse. Veral as jy noem jy lees Mills & Boon. Mills & Boon het ook begin publiseer in Afrikaans en jy kry van hulle boeke wat nie in die “Sjoe” kategorie val nie. Selfs jou Romanza reeks. Hulle is so 99% van die tyd in die “Ek is verlief” kategorie – ok, ek kan nou nie onthou of ek een van hulle boeke in die “Sjoe” kategorie gekry het nie, maar ons los so 1% net om seker te maak. Alle Romanse is nie pornografie nie.

Ek hoop julle sal baat vind by my Resensies.  Lekker lees.

One thought on “Lees, Lees, Lees, Oooo

Leave a comment