Lekker, Lekker ingelegte beet

Dankie Mamma vir die resep

Yum yum yum. Daar is niks so lekker soos ingelegte beetslaai nie. So lekker dat my kinders ‘n bottel ‘n slag wil opeet as ek hulle nie keer nie.

Hierdie is die beste ingelegte beetslaai wat jy kan maak.

Bestandele:

  • 500ml Water
  • 1.5kg Beet
  • 500ml Wit Asyn
  • 500ml Suiker
  • 2ml Sout
  • 2ml Fyn Naeltjies
  • 2ml Kaneel
  • 2ml Fyn Gemmer
  • 1ml Swartpeper

Metode:

  1. Bedek die Beet met kookwater en kook tot sag.
  2. Trek (druk eintlik) die skille af en sny in skywe (of rasper of sny in blokkies)
  3. Verhit water, asyn, suiker, sout, naeltjies, kaneel, gemmer, peper tot kookpunt
  4. Voeg die beet “stukke” by, en verlaag die hitte
  5. Sit die deksel op en prut vir 20 minute
  6. Skep warm beet in gesteriliseerde bottels en verseël

As jy die bottel oopmaak, bêre dit in die yskas, maar dit sal nie lank daar bly nie want as jou gesin dit eers geproe het, moet jy maar ‘n wag daarvoor sit – wat daar is nie einde aan hulle eet nie. Ook ideaal om in ‘n klein botteltjie te skep en as ‘n geskenk te gee.

Piesang”Brood”

Met hierdie tyd van die Corona Virus en ons almal vas gekluister is in ons huise, word jy soms gedruk om ander dinge te doen in jou lewe. So het ek my kinders die binnekant van die kombuis gewys (en bewys as jy kan lees, kan jy bak)

Met ons soektog na ‘n resep vir Piesangbrood (want my kinders eet alles in die huis behalwe die piesangs – wat gesond is – op)

Hier is ‘n getoetste piesangbrood resep wat my familie hulle vingers laat afeet. Dankie #Maroela Media

Bestandele:

  • 125g Botter of Margarien (haat dat dit in gram is en nie ml – maar ok, laat ons aangaan)
  • 375ml Suiker
  • 3 eiers
  • 5ml Vanieljegeursel
  • 250ml fyngedrukte piesangs
  • 500ml Koekmeelblom
  • 10ml Bakpoeier
  • 1,5ml Sout
  • 25ml Melk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180oC
  2. Klits die botter of margarien en suiker saam
  3. Voeg die eiers een vir een by
  4. Voeg die geursel by
  5. Voeg nou die piesangmoes by
  6. Sif die droë bestanddele saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die piesangmengsel
  7. Skep in ‘n gesmeerde brood pan en bak 1 uur tot gaar

Ek kan rerig hierdie brood aanbeveel. Lekker eet!!

Eggo’s

Skrywer: Vita du Preez

Jip, dit is hoe dit in baie huis gegaan het en nog steeds. ‘n Man wat sy vrou en kinders met ‘n ysterhand regeer en wat hy sê is wet. So het Bea is rooskleurige droom verander na ‘n lewe sonder enige kleur. Sy moet by hom bly, want dit is wat jy belowe het met jou huwelik en jy moet doen wat jou man vir jou sê – dis die vrou se plig. Maar vir hoe lank, vir hoe lank…

Hierdie boek het my weer laat besef, dat my lewe glad nie erg is nie en dat daar baie vrouens daar buite met dit moet saamleef en oorleef. Jy leef saam met Bea en met elke bladsy wat jy lees, voel jy al hoe nader aan haar. Sy as karakter groei, maar wanneer gaan sy breekpunt beryk? (of gaan sy dit beryk). Gaan haar dogters haar bystaan? Gaan haar man, dinge aanvaar vir wat hy gedoen en nie gedoen het nie (verantwoordelikheid)

Hierdie was rerig ‘n boek in sy eie klas. ‘n Boek wat ek nie kon waag om neer te sit nie. Eerste klas Vita met hierdie boek.

Liefde uit Italië

Skrywer: Alma Carstens

Om sonder ‘n ware volledige gesin groot te word, kan net ‘n groot gat in jou lewe los. So het Lisa besluit, sy wil haar oorlede ma se familie ontmoet, maar hulle bly in Suid-Afrika en sy is ‘n gebore Italianer. Op die ingewing van die oomblik, land sy voor die deur van die Barnard gesin. Haar eerste ontmoeting met die familie loop toe nou nie so glad soos wat sy gedink het dit sou nie, veral dat Werner, haar nie vertrou nie. Elke mooi gesiggie van die eva geslag, kan nie vertrou word nie – hulle is almal net agter geld aan. Stadig maar seker, leer Lisa ook meer van haar ma, wat ook maar onbekend was vir haar en raak sy lief vir haar ma se land en sy mense. Maar vrek, hierdie Werner, dryf haar teen die mure uit. Haar liefde vir haar ouma groot sterk en sy wil net by haar bly. Maar Marinda, Werner se eksverloofde, moet jy nie onderskat nie en wil hom weer terug hê. Gaan Werner gou genoeg besef vir wie hy rerig lief is

Alma, sjoe, jy het my op my punt van my stoel gehad. Baie geluk.

Maria se keuse

Skrywer: Arien Lubbe

Arme Maria, hoe kan ‘n rykmans dogter dit oorleef in die middel van nêrens (grappie). Maria se pa vrees vir sy gesin se lewe en stuur elkeen na ‘n veilige plek, totdat die skurke in hegtenis geneem is. So is Maria, na Onseepkans toe gestuur. (persoonlik het ek nog nooit van so ‘n plek gehoor nie). Hier ontmoet sy André, wat hom nie aan haar fiemies steur nie. Vinnig leer Maria ook, waaroor die lewe eintlik gaan en wat is belangrik. ‘n Pers badkamer, buite die huis is nie die ergste nie. Elke dag “leer” Maria ietsie meer en so raak sy verlief op André. Toe breek die dag aan wat sy moet terug gaan huis toe en sy voor die besluit staan om terug te gaan na haar ou lewe van weelde en met Lategan te trou, of bly is in die middel van nêrens, met ‘n man wat lief is vir haar.

As ek die storie self moes uitleef, sou ek die selfde besluit as sy maak, en op my tweede dag wat ek daar bly, die badkamer wit verf. Baie geluk Arien, ek het jou boek baie geniet.

Sterlig en Soene

Skrywer: Thea Holland

Antjie, Antjie, Antjie, hoe kon jy vir ‘n tweede keer die verlowing verbreek. Tom is ‘n “dish” en ‘n man van goud. So besef sy nadat sy die verlowing verbreek het, dat sy swanger is. So hardkoppig soos sy is, vertel sy nie vir Tom nie en probeer haar volgende stap uitwerk. Maar die lewe het ‘n wil van sy eie. So word sy noodgedwonge in sy geselskap in geforseer en moet sy ‘n artikel oor hom en sy broers se nuwe “band” skryf. So hard as wat sy probeer om die nuus vir hom weg te steek, laat val haar suster die bom (per ongeluk) en so besef Tom sy is swanger en hier moet hy haar help (dis die tipe man hy is). Tom weet egter hoe Antjie se kop werk, en moet haar stadig maar seker probeer sagmaak, want hy is nogsteeds lief vir haar en wil haar en sy kind weer terug hê in sy lewe. Thea Holland, baie geluk met ‘n ongelooflike boek. Ek het lekker terug gesit en my verlustig in die boek. Welgedaan

Gister is lankal verby

Skrywer: Salomé Schutte

Lia gaan saam met haar vriendin, Sanet, na Haga-Haga, ‘n baie klein kusdorpie wat min mense van weet. En as jy eers van hom weet, sal jy nooit wil wegbly nie. Jordaan, Lia se liefde van haar lewe (of altans, so het sy gedink hy was) het besluit om in die Kaap te gaan werk vir drie maande, om hulle verhouding so bietjie ‘n blaaskans te gee. Maar ek so presies dieselfde as Lia gedoen het. Hom ‘n pit druk en saam met my vriendin weg gaan met vakansie en die tydjie daar geniet. Min wetende, ontmoet Lia ‘n klein seuntjie, Markus, en sy ongelooflike aantreklike pa (wat nou nie ‘n goeie eerste indruk gemaak het nie). Maar soos die tyd aangaan, leer Lia altwee ken en word ook so lief vir hulle. Met die dat sy hierdie nuwe gewaarwording agterkom, besluit sy ook dat haar en Jordaan se verhouding ook nie meer is nie. Jordaan besluit toe hy wil eintlik vir Lia terug hê. Gaan sy hom terugvat of eerder vir Viljé?

Salomé, ek het hierdie boek vreeslik baie geniet

Die Spel van Liefde

Skrywer: Corne van Rooyen

Ek wonder of dit wel so gebeur met so baie ander huwelike wat geforseer is om te werk. So baie wat ‘n onbeplande swangerskap in die gesig staar en nou dringend ‘n plan moet maak. So het dit ook gebeur vir Izette en Markus. Toe Izette die bom laat bars het en vir Markus vertel sy is swanger, het sy optrede haar onkant betrap. Maar so is hulle toe getrou. Nou moet hulle begin werk aan hulle verhouding voordat die kleinding daar is. Een aand word Izette hospitaal toe gejaag want iets is nie reg met die swangerskap nie en dis toe daar wat sy besluit het om ‘n leun vir Markus te vertel en se sy het ‘n miskraam gehad en so Markus se vryheid vir hom terug te gee. So ook word ‘n skeibrief by Izette afgelewer wat sy met ‘n swaar hart teken.

Continue reading “Die Spel van Liefde”