Onvergeetlike Oomblikke

Onvergeetlike OomblikkeSkrywer: Dina Botha

Drie onbeskryflike goeie boeke in een. Sy rooikopbaas. Ek kan dit net in dink. Een enkele man, in ‘n maatskappy vol van vroue en dan is die baas nog ‘n vurige rooikop. Sandra het haar maatskappy op haar eie begin en werk nog altyd hard om dit staande te hou vir al haar werknemers wat soos ‘n familie is. Toe hierdie man in haar kantoor instap en toe haar sekrataresse word, het haar lewe heeltemal verander op ‘n manier wat sy nooit gedink het ooit kan gebeur nie. Is sy rerig ‘n oujong nooi, soos wat hy by die onderhoud gesê het? Gaan sy een van haar grootste kliente verloor en as sy hulle verloor, gaan daar ‘n hele klomp van haar mense verloor.

Liefste Willemientjie. Wat ‘n komieklike storie. ‘N Vrou wat alleen moet boer op haar familie plaas. Die nuwe buurman wat intrek is ook een vir die oog. Hy kan nog nie glo sy is die suksesvolle boer op die plaas nie. Hulle eerste ontmoeting en selfs die daarop volgende was net katestrofies, iets wat sy baie graag sou wou vergeet. Met die brand in sy huis, en toe Wilmien, vir Rhys en sy suster red, het hy vinnig besef hoe lief hy haar rerig het.

Liefdeskrale: Hierdie was net so ‘n goeie storie. Ek is net ongelukkig seker ek het hierdie storie al erns gelees, maar dit bly nog ‘n lekker storie. ‘N Rykmans, bedorwe meisie word “platgeslaan” deur haar pa, wat haar wil leer, hoe die lewe eintlik werk. Hy het al haar voordele weggevat vir ‘n tyd lank en vir haar gesê sy moet gaan werk en vir hom wys, sy kan van nut wees vir die samelewing. Met stote en stampe het sy dit wel reggekry.

Welgedaan Dina Botha met ‘n baie suksesvolle roman.

Reis deur die hart

reis_deur_die_hartSkrywer: Leandra Naudé

‘N werk in Mauritius! Net iets om oor te droom. So het Arianna na nog ‘n siel dodende dag as welsynswerker besluit genoeg is nou net vrek genoeg. So kan sy nie aangaan nie. Gelukkig kon ‘n vriend van haar, haar help met ‘n werk as kelnerin in Mauritius. Al die hotelwerkers moet regmaak want die grootbaas en eienaar van die hotel kom, en alles moet net reg wees vir hom. Min het Arianna geweet sy sal haar vasloop in die man. Letterlik. Maar dinge is ook nie altyd so rooskleurig in Mauritius nie. Dogtertjies is besig om te verdwyn, en die vreemde man by die swembad, laat Arianna ongemaklik. Hoekom, weet sy nie. Toe gebeur nie onnadenklikste ding. Arianna se vriend se dogter raak weg. Finn, die hoteleienaar, kom ook agter daar is ongeruimhede by sy hotel, veral die boeke. En hoe speel Alicia se rol in die hele situasie? Wil sy net aan Finn se sy wees, of is sy die een wat dinge by die hotel laat “wegraak”. Vrek was hierdie nou ‘n awesome boek en ek kon dit nie neersit nie. Uitstekende boek Leandra!

Net Myne

net MuneSkrywer: Susan Olivier

Nadia is ‘n baie suksesvolle sakevrou. En wat haar nog meer suksesvol maak is dat sy vele tale magtig is, onder andere mandaryns. So hoor Human haar eendag gesels met een van hulle verskaffers. Human, die ultra aantreklike sakeman sien haar raak en moet net met haar gesels. So begin hulle gesels en hy bied haar ‘n pos aan wat sy nie kan voor nee sê nie. Maar so maklik val sy nie vir ‘n man se slunkse praatjies nie. Maar sy kan dit nie weerstaan om hom te soen nie, wat toe gebeur. Sy sal hom mos nie weer sien nie.  Wel die lewe kan jou ook ‘n hou gee. Human is toe Mariaan (haar beste vriendin) se kêrel se broer. Human is ‘n man wat hard sal werk vir iets wat hy wil hê maar hy laat nie met hom mors nie en Nadia mag dalk die “hard to get” speletjie net te ver voer. Gaan sy hom verloor? Ek het vreeslik lekker gelees aan hierdie boek. Welgedaan Susan.

Kaalvoetnooi

KaalvoetnooiSkrywer: Corné van Rooyen

Kan die noodlot so teen iemand wees. Op pad na die prokureer is Elzani so ingedagte, dat sy teen iemand vasloop. En dan stamp sy dieselfde aantreklike man se kar ook. Elzani se verhouding het ‘n slegte draai gemaak, maar wat toe ‘n goeie draai was. Haar nuwe huis wat sy geerf het, het vreeslik baie werk om te doen, maar gelukkig is haar twee vriendinne saam met haar vir ondersteuning. En daar is haar nuwe buurman een en dieselfde ou wat sy vroeër “raak geloop” het. Xander huisves die drie vrouens terwyl hulle die huis opknap. Elzani begin te besef dat sy gevoelens ontwikkel vir Xander, maar Paula, sy assistent is heeltyd in die omtrek en neem baie van sy tyd in beslag. Is Paula die vrou in sy lewe? Hulle was dan saam een aand toe Elzani hom gebel het. Moet sy vir Xander vra wat aangaan, om net haar kop neersit en aan gaan met haar lewe, sonder hom. Hierdie is die eerste Roman wat ek van Corné lees en het die boek rerig geniet. Welgedaan Corné met ‘n suksesvolle boek.

Toe vind ek jou

Toe vind ek jouSkrywer: Ilze Beukes

Om ‘n suksesvolle werk te los, losies by jou ma op te gee en gaan kyk hoe lyk jou pa, is noggal ‘n waagstuk. Dat Olivia dit aanpak, wys net dat sy rerig verder aan met haar lewe wil beweeg.  By die onderhoud, ontmoet sy Jean-Luc, ‘n onbeskryflike aantreklike Fransman wat haar bene lam maak. Dan loop sy haar pa raak, maar behou nog die geheim dat sy, sy dogter is. Hoe moet sy so ‘n brokkie nuus aan iemand oordra? Maar soos die lot dit wil hê, begin sy verlief raak op Jean-Luc, maar hy het ook ‘n verlede wat hom knou en waarmee hy nie kan vrede maak nie. Hy kan nie vrede maak met sy verlore liefde vir sy eksverloofde Luchrisha nie. Maar dan na Olivia se eerste funksie wat sy gereël het, is Luchrisha en Jean-Luc elke Maandag saam in sy kantoor en elke nou en dan is Luchirsha op die plaas.  Wat soek sy so gereeld op die plaas waar Jean-Luc van te vore haar net vermy het? Een middag besluit Olivia, sy gaan Jean-Luc verras en toe sy by sy kantoor kom, …..

Ek het hierdie boek baie geniet en gewens ek kon self so bietjie op die plaas gaan bly. Welgedaan Ilze met ‘n baie suksesvolle boek.

Ter wille van Liefde

ter_wille_van_die_liefdeSkrywer: Susan Olivier

Kan ‘n hele dorp so negatief optree teen iemand sonder dat hulle die regte storie gehoor het. Nou moet arme Anja teruggaan na haar ou tuis dorp, want haar tante is oorlede en sy erf alles. Sy was oppad na hoë hoogtes met haar tennis beroep, maar toe gebeur die ergste ding wat met ‘n sport ster kan gebeur. Daar was blykbaar ‘n verbode middel opgetel in haar stelsel, waarvan sy niks geweet het nie. Dit was later verkeerd bewys, maar haar sport loopbaan is oor. In haar tuisdorp word sy meer as gereeld voor die verlede gegooi en sy moet hardwerk om as die slagoffer ‘n punt te maak. Sy probeer met alle mag Henk vermy, maar ook sy broer, Riekert. Henk voel sy al lankal nie meer aangetrokke nie, maar wat nou van Riekert. Sy moet al haar tante se bates verkoop, om haar regskostes te dek. Moet sy Riekert se aanbod aanvaar, of moet sy die hoër aanbod van Nick aanvaar wat verseker al haar skuld sal dek. Sal sy ooit vir Shani en Henk kan vergewe wat hulle aan haar gedoen het, maar ook die hele dorp? Ek het hierdie boek rerig baie geniet. Welgedaan Susan met ‘n suksesvolle boek.

Ballerina en die Lummel

Ballerina en die lummelSkrywer: Bets Smith

Kan dit met so ‘n suksesvolle mens gebeur, sy het nou net prima ballerina bereik en daar maak sy haar enkel onnodig seer. Karmi moes kom aansterk by haar ouma in Suid Afrika. Stadigaan begin sy weer te oefen, maar met ‘n gereelde gehoor. Haar eerste aand toe sy na haar kar toe stap probeer ‘n man haar aandag kry. Die selfde man wat vroeër saam met sy gesin by die restaurant gesin het. Toe hy by haar kom, gooi sy hom met een van haar selfverdedigings gooie dat hy sy wind uitval. Later leer sy vir Jaco ken, dis nou die ou wat sy so gegooi het. Hier kom jy vinnig agter, dat jy nie jou eie gevolgtrekkings moet maak, voor jy al die inligting het nie. Karmi word so deel van die Liebenberg-clan, dat sy voel sy behoort saam met mense, maar sy begin iets te voel vir Jaco, wat sy nie kan nie, want haar loopbaan is mos om ‘n ballerina te wees, oorsee. Ek het hierdie boek vreeslik geniet. Baie geluk Bets met nog ‘n suksesvolle boek.

Dans met my

Dans met mySkrywer: Cynthia Robertson

Dis die ergste erg as jy jou lewensmaat verloor. Miranda treur nou al twee jaar oor haar man. Haar ma en vriendin oorreed haar om vir haar vriendin te gaan kuier. Eers was dit ‘n ongelooflike tyd en Miranda ontmoet iemand wat net soos haar oorlede man lyk, maar tog ook nie. Maar hier in die Kaap by haar vriendin vind sy uit haar man was nie wie almal gedink het hy was nie. Met ‘n gebroke hart keer sy terug huis toe, maar op die lughawe ontmoet sy weer vir Markus, die een wat net soos haar oorlede man lyk. Sommer van die begin af is hulle goeie vriende. Markus het ‘n wildsplaas en is lief om in die wildtuin te kuier. So kom hulle agter, daar is ‘n aantrekkings krag tussen hulle wat nie ignoreer kan word nie. Miranda sit met ‘n moeilike besluit. Moet sy voort gaan met iets tussen haar en Markus en dalk weer seer kry aangesien sy voel die lewe is teen haar. Gaan Markus en Miranda hulle geskiedenis agter los en so ‘n nuwe begin maak. Ek het hierdie boek ongelooflik baie geniet. Welgedaan Cynthia met ‘n suksesvolle boek.