Never judge a book by its cover

Ancient closed book with green coverDaai gewone frase van “never judge a book by its cover” kan gebruik word as jy dit nie letterlik gebruik nie, maar dit is ‘n heel anderster storie wanneer jy dit wel toepas op ‘n boek.  Glo my, ek kyk altyd eers na die boek se voorblad, voordat ek dit begin te lees.

Wel, so gebeur dit eendag wat ek die kinders moes optel na ‘n kamp en het die tyd heel mis.  Soos ek is, word ek gou verveeld en soek iets om te doen.  Selfoon speletjies kan ek nie speel nie, want die goed gebruik altyd data en daarvan het ek nie baie nie.  So kry ek ‘n Romanza boekie in my kar wat in ‘n tydskrif was.  Dit het ‘n gewone swart buite blad, met ‘n swart en wit prentjie – niks interessant nie.  Ek lees toe maar die boek en daar was die boek toe nie te erg nie.  Maar nogsteeds, as dit ‘n ander omslag gehad het, wat wel die aandag trek, sou ek dalk eerste gegaan het en nie in my motor gelos het vir weke nie.

Maar kom jy by die mensdom, kan jy nie met dieselfde kam geskeer word nie. Dis daai binnekant wat goud werd is. Wat skree om gesien en gehoor te word.  Gee elkeen ‘n kans, al lyk die persoon op die oog af nie wat jy wil hê dit moet lyk nie. Leer julle ken en dan maak jy jou gevolgtrekking.

En so begin 2019!

En so begin ‘n nuwe jaar weer. Was baie stil buite, baie min vuurwerke, want dit reën tog te lekker buite. (My diere sê ook baie dankie)

Hierdie jaar gaan ons maar stil stil in. Ons kon nie wakker bly tot middernag nie, so het hierdie jaar slapend begin, met die reën wat rustig buite val. Jy begin te verlang na familie en vriende wat ver is.  Vriende wat jy ook nog nie ken nie.

Ag vrek, nou klink ek vir jou mistroostig! Kom ons tackle hierdie met eiwer en genot soos wat my diere nou om my voete speel en nou die krag kabel gaan uitspeel.

GENIET 2019

image

Met Glimlag op jou gesig

Die lewe is net te ernstig dat dit sleg is vir ons gesondheid.  Finansies, politiek en die vervlakse verkeer waardeur jy elke dag moet worstel en sweet.  Partykeer ‘n kragwoord gebruik, maar dan was dit rerig nodig, belowe!  Jy kan nie vir almal plek gee in die verkeer om in te kom nie, want dan gaan jy weer opeindig waar jy begin het.  Al daai moeite – nee dankie.

Ek het hierdie post op een van my Blog volgers gekry en net besef ons met almal ‘n dag nodig om net weer herinner te word om te glimlag en so bietjie te giggel. Gaan kyk so bietjie na haar blog artikel

via ‘n Bietjie Onbenulligheid…

Stop, en ruik die Koffie bone

pause
Foto van http://www.davidkingraj.com

Jy moet net altyd positief bly en die goeie in alles sien. Met die liedjie wat nou op die radio speel, help dit ook nie – ken nie eens die liedjie of sanger nie. Dinge is net nooit so erg soos wat jy rerig dink nie. Moed hou en aanhou.

Kyk op na Bo en Hy sal jou dra in alles wat jy doen.

Continue reading “Stop, en ruik die Koffie bone”

Dinge kan skeef en krom in die lewe wees

yoga-pose_1Dinge kan skeef en krom in die lewe wees, niks hoef perfek te wees nie.  Maar as jy nou mooi dink, is enige iets in die lewe daar buite, perfek?  Daai model met die perfekte lyf – is dit rêrig haar lyf wat so perfek is, of is die vermoeë van die “grafic designer” om goed “photo editing” te doen? Continue reading “Dinge kan skeef en krom in die lewe wees”