Verbode Liefde

Skrywer: Alma Carstens

Ek sou ook soos Zoey wou wegkruip van die samelewing af.  Sy voel soos ‘n monster as gevolg van haar geskende gesig maar ook die wete dat sy haar vriendin se dood veroorsaak het.  Hoe kan jy dan met jouself saamleef?  So nooi haar stiefma haar om saam met haar Parys toe te gaan, om hierdie negatiewe sirkel waarin Zoey haarself bevind te verbreek.  In Parys ontmoet hulle die ultra aantreklike Jano en sy vrou.  Zoey vind later uit dat Jano ‘n chirug is en hy wil graag haar gesig herstel maar Zoey wou nie daarvoor val nie.  Hoe kan sy, dis haar straf om so te lyk.  Maar terug in Suid Afrika, word Zoey oorreed om wel die operasie laat doen het.  Maar Zoey sit met nog ‘n probleem, sy het haar hart verloor om die aantreklike chirug.  Met die wete, vlug sy terug Parys toe om so haar hart en kop skoon te kan kry.  Maar gaan dit werk?

Hierdie was ‘n lekker lees en jy kon soms jouself verbeel dat jy ook daar saam met hulle in die strate van Parys loop.

Lemoenseisoen

Skrywer: Kristel Loots

Kristel het net die vermoe om ‘n alterdaagse gebeurtenis te laat klink of dit uit ‘n boek kom.  Wag, dit is ‘n boek. Heng, ek het hierdie boek geniet.  ‘n Vrou wat al getroud is en wat al met die jare aangestap het, kan ook geluk weer vind.  Wel, dit het op vreemde manière gebeur, maar dit het wel gebeur.  Dat sy weer haar lewe “van vooraf” moet begin, want sy is nie meer Mevrou Dominee nie.  Met ‘n ontwerpers rok aan en ‘n lyf wat skrik vir niks, oorreed sy die ultra aantreklike Dante om vir haar ‘n werk te gee en dat sy so, haarself weer kon vind. Die spoke in haar verlede kan sy toe uiteindelik aanpak, bloot lê en so vrede maak daarmee.  Maar hierdie spoke was toe nie te erg nie en vervul haar lewe meer.  So besef Kristel, sy sal nooit kan terugkeer na haar “vorige” lewe nie.

Kristel Loots, baie geluk met ‘n suksesvolle boek.  Ek het dit vreeslik baie geniet.

Liefde in Letters

Skrywer: Rika du Plessis

In ‘n boomhuis, ver van alles almal af, wel, dit is iets wat ek graag sal wil hê.  Wel, Jennifer het so ‘n boomhuis geerf en na haar ma se dood, verhuis sy toe soontoe.  Hier loop sy haar vas aan haar enigste ernsige vakansieromanse, Waldo raak.  So aantreklik nog soos altyd maar die enigste probleem is, hy ly aan geheueverlies en hy kan haar glad nie onthou nie.  En nog erger, hy is verloof aan die beeldskone Karla.  Karla wat gewoond is aan om ‘n hoë lewe te hê.  Jennifer besef dat sy nog gevoelens het vir Waldo, maar hy kan haar net sien as ‘n vriendin en nie meer nie want hy is verloof.  Jennifer het toe maar die vriendskaps hand aanvaar wat hy kon aanbied maar sal dit genoeg wees vir haar?  En toe gebeur die ergste wat Jennifer gevrees het, Waldo herwin sy geheue en in plaas van liefde vir haar, was dit bitterheid, woede en haat wat hy vir haar voel.

Rika, hierdie was regtig ‘n lekker lees.  Ek kon myself inleef in die omgewing en so myself verdiep en inleef in die storie.

‘n Liedjie vir Anine

Skrywer: Elsa Winckler

Ek wonder of sulke goed rerig gebeur in die lewe –‘n mens weet nie maar kan dalk.  Die bekende sanger, Zander Breedt se muse verlaat hom en die musiek in sy kop droog op en is net drowige klanke wat hy hoor.  Dan kom daar ‘n “groupie” wat sy lewe heeltemal omverwerp en net nog moeiliker maak.  Dan kom  daar ‘n nuwe skoonsus in sy gesin in, wat noggal ‘n joernalis is.  (Die mense wat hy die meeste haat in sy lewe.)  Gelukkig vir hom is sy, Anine, glad nie beindruk met sy roem en glas lewe nie.  En teenstelling, haat sy sangers.  Maar sonder dat Zander dit agterkom, elke keer as Anine naby hom is, begin die musiek weer opklink in sy kop en sy vinger juk om weer te kan kompuneer.  Dan, kry Anine ook opdrag om ‘n profiel te skryf oor Zander en al die gerugte teen hom te kon uitlap – om te wys hoe ‘n los sanger hy is, of was dit alles ‘n liegstorie?

Elsa, weereens, nog ‘n suksesvolle boek op jou kerfstok.

Roxy

Skrywer: Kristel Loots

Jessica Rabbit het haar eie blog?  So sexy en uitgesproke oor dinge van die lewe.  Maar dit is net Roxy.  Die meisie van een-en-dertig, wat maar so bietjie sletterig is, en wat skryf onder die skuil naam van Jessica R.  So moes hulle maatskappy op ‘n spanbou naweek gaan.  Haar kollega Zander wat dink sy is die Jessica Rabbit in lewende lywe, wil haar as sy “skein” meisie gebruik want die person wat die spanbou naweek aanbied en motiveringspreker is, is sy pa.  Roxy het soveel geraamtes in haar lewe, dat dit al haar flirtasies en verhoudings beduiwel.  En nou daag hierdie aantreklike man op en gooi haar lewe heeltemal deurmekaar.  En haar ouma Lot, wat nog altyd haar rots was, begin in raaisels praat wat Roxy, nog meer deurmekaar maak.

Kristel, mens hierdie was ‘n lekker boek om te lees

Hart van Kant

Skrywer: Didi Potgieter

Ek soek ook so ‘n lysie volgende keer.  Ek kan ook so iets begin.  Maar alles het begin to Isabella ‘n klein warrelwind van ‘n dogtertjie in die winkels ontmoet en sy besef dat sy ook ‘n dogtertjie wil hê.  Sy en haar oorlede man, het nooit kinders gehad nie.  Elke keer wat Isabella aan die lys dink en verandering maak, dink sy aan die einste dogtertjie se uber aantreklike oom, Niël.  Op die dorp, wed almal op wie haar gaan kansel toe sleep waaroor sy nie te gelukkig is nie.  Al wat sy wil doen is, haar pottebakkerwerk doen, in die see swem en in haar bakkie ry – die wil ook nie altyd lekker loop nie.  So moes sy vir Niël vra, want instaan by die werktuigkundige winkel werk, om haar vele kere te kom help uit ‘n penarie met haar bakkie.  Sy wil glad nie betrokke raak by hom nie en hy is mos ook nie geintereseerd in haar nie, maar hoekom is daar so ‘n vonk tussen hulle?

Thea, baie geluk met hierdie boek.  Ek het vreeslik lekker gelees.

Isabella se Wenslys

Skrywer: Thea Holland

Ek soek ook so ‘n lysie volgende keer.  Ek kan ook so iets begin.  Maar alles het begin to Isabella ‘n klein warrelwind van ‘n dogtertjie in die winkels ontmoet en sy besef dat sy ook ‘n dogtertjie wil hê.  Sy en haar oorlede man, het nooit kinders gehad nie.  Elke keer wat Isabella aan die lys dink en verandering maak, dink sy aan die einste dogtertjie se uber aantreklike oom, Niël.  Op die dorp, wed almal op wie haar gaan kansel toe sleep waaroor sy nie te gelukkig is nie.  Al wat sy wil doen is, haar pottebakkerwerk doen, in die see swem en in haar bakkie ry – die wil ook nie altyd lekker loop nie.  So moes sy vir Niël vra, want instaan by die werktuigkundige winkel werk, om haar vele kere te kom help uit ‘n penarie met haar bakkie.  Sy wil glad nie betrokke raak by hom nie en hy is mos ook nie geintereseerd in haar nie, maar hoekom is daar so ‘n vonk tussen hulle?

Thea, baie geluk met hierdie boek.  Ek het vreeslik lekker gelees.

Die Paartjieknoper

Skrywer: Ida Bester

Annelle het haar eie besigheid begin deur mense te help soek na hul perfekte pasmaats.  Geleenthede te skep wat mense nader aan mekaar kan beweeg en dalk so hul pasmaat kan ontmoet.  Maar Annelle het haar eie geraamte in die kas.  Haar verloofde sit in die tronk vir bedrog en nog steeds bly sy getrou aan hom, al het vele mense vir haar gesê sy moet aanbeweeg.  Sy voel niks meer vir hom nie besef sy, toe die aantreklike suksesvolle Christiaan by haar agentskap instap.  So kom hy ook agter, hy wil niks te doen hê met die dames wat haar agenskap vir hom voorstel nie, maar eerder sy fokus op haar, wat Annelle is.  Hoe nou gemaak?  Sy kan nie betrokke raak by ‘n kliënt nie.  Sy moet professioneel optree, maar die liefde het soms ander planne.

Ida, welgedaan met ‘n lekker roman om te lees.

Die Opstand van Poppie Nel

Skrywer: Hans du Plessis

Wel, dit was nou heeltemal ‘n ander tipe boek waaraan ek gewoond is.  Ek wou met tye maar die boek neersit en met iets anders begin, maar as ek myself weer kry, het ek dit weer opgetel en lees ek verder.  Poppie se lewe is glad nie rooskleurig nie.  In teendeel, sy was sterker as wat ek sou wees.  En so ontmoet sy vir Lukas, wat met sy eie seer moet verwerk.  Hy het vir sy gemeente gesê hy moet vir ‘n rukkie gaan vakansie hou, maar hy het eerder weg gegaan om sy wonde te gaan lek.  Poppie is gekneus deur die kerk en hier is Lukas wat die “kerk” verteenwoordig.  Poppie se verhaal word stadig vertel waar alles begin het in haar ouerhuis.  ‘n Pastoor wat sy gemeente lede op so ‘n verkeerde pad gelei het en die Bybel “verdraai” het tot sy eie guns.  En Lukas, ook ‘n pastoor, luister geduldig en besef ook dinge oor sy lewe wat hy deur die aanhoor van Poppie se verhaal, vir himself uitklaar.

Hierdie boek is nie vir die saggeaardes daar buite nie, want dit het met tye my woedend gemaak.  Maar nogsteeds ‘n uitstekende boek. Baie geluk Hans