‘n Kans op vir Altyd

Skrywer: Cecilia Nortjé

Hierdie was nou ‘n bo-baas boek.  Ek het dit verskriklik geniet.  Toe ek dit begin lees het, wou dinge vir my bekend begin lyk, maar ek was nie seker nie.  Dit was eers toe ek deur my boekrak gaan en sien ek het nog ‘n boek van Cecilia Nortjé, en jou wragties, is die titels amper die selfde (selfde tema).  Dis toe dat die stukke bymekaar val.  Hierdie is toe die verdere vertelling van “ ‘n Huis vir Altyd”.  Ek was so so bly daaroor, want ek het die eerste boek ongelooflik baie geniet en wou so graag hê die storie moes aangaan – en nou het dit!  Ek kon myself in elke karakter inleef en saam met hulle leef.  Voel hoe hulle elkeen op sy eie manier moet “stuikel” deur hul lewe en probeer sin maak van wat op jou pad kom.  Ek het veral die gedeelte toe Milan na die praatjie geluister het, waar jy jou kolletjies moet verbind, goed of sleg – want die lewe bring altwee op jou pad en hoe dit uitdraai, is hoe jy dit aanpak.  Cecilia, ek het rerig hierdie boek geniet.  ‘n Boek met baie verskuilde boodskappe wat jy nie afterkom terwyl jy lees nie, maar as jy klaar is en daaroor dink, dan skop dit tuis.  Welgedaan.

Madeliefie in Namakwaland

Skrywer: Nellie Alberts

In die middel van nêrens, kom jy af op ‘n “gem” van ‘n koffie winkel, genaamd Madelief.  Hier is waar Hanna, nou die koffie winkel hardloop, in die plek van haar siek pa.  Sy was eers ‘n sjef in die stad, maar het huis toe gekom, om na haar pa te kom omsien en ook om die koffie winkel te kom bestuur.  Hier maak sy die geurigste kosse en bykosse, wat enige iemand se mond laat water.  En as dit nie genoeg was nie, het Hanna se kêrel met haar uitgemaak, omdat hy ‘n ander meisie swanger gemaak het.  Sy het gedog, hulle is al so ver gevordered in hulle verhouding, dat sy huweliksklokkies al begin hoor het.  Maar hierdie dorp staan vir niks stil nie.  Dis ook die dorp wat Daniël Barnard, die ongelooflike sexy eiendomsontwikkelaar, op ‘n veiling gekoop het.  Sy planne vir die dorp, gooi die inwoners heeltemal om, want elkeen sal nêrens anders kan gaan bly nie.  Hanna, moes noodgedwonge met hom gaan praat oor wat sy planne is.  Dis waar sy toe agterkom, die man op die ysterperd, wat haar en haar hond amper verongeluk het en die oorgewig ontwikkelaar, die een en die selfde mens is.  Hoe nou gemaak as jy verlief raak op die ontwikkelaar wat jou dorp gaan “verwoes”.  Elke keer as ek dink ek weet wat volgende gaan gebeur in die storie, dan maak dit ‘n draai in ‘n ander rigting.  Ek het hierdie boek vreeslik baie geniet.  Welgedaan Nellie, met ‘n “awesome” boek.

Soeter as Fudge

Skrywer: Lizelle von Wielligh

Met fudge in die hand, kan jy enige iets regmaak.  Of so het Jonette gedink, want dit het altyd van te vore gewerk, maar nie hierdie keer nie.  Nie met hierdie man nie – Brink van Heerden.  Die man wat sy haat met elke vesel in haar liggaam.  Nou, ‘n baie baie sexy lyf want nie altyd so was nie.  Op Hoërskool, was sy nie die beeld van ‘n mens wat sy nou is nie.  En nog erger, het die ou op wie sy verlief geraak het, haar verneder voor die hele skool om uit te wys, sy is vet.  Maar van alle mense, moes hy nou dokter Jansen se praktyk kom oorkoop.  Maar dit lyk vir haar of Brink nie ‘n idee het wie sy is nie, en hoekom sy hom so koel en op ‘n afstand behandel.  Paar keer wou sy net die pad vat, maar wat gaan dan van haar broer en pa word, as sy nie ‘n hand op die huis hou nie.  Elke keer as Brink haar die “josie” in maak, kan ‘n bak fudget wat sy gebak het, die probeer versag, maar wat moet jy doen as jou hart gaan staan en verlief raak op die haatlike man.  Ek het noggal lekker gelees aan die boek, maklike vloei.  Welgedaan Lizelle

Omdat alles sin maak by jou

Skrywer: Elsa Winckler

Met ‘n familie besigheid soos wat Christie het, kan dinge net voorspoedig wees.  Christie, haar getroude susters en ma.  Christie, die bloemiste, is versot op haar werk en kan vir jou elke blom se betekenis gee – ‘n blom is nie net mooi nie, maar dit beteken ook iets.  Haar susters is elke getroud met ‘n Visser broer, en hulle is gelukkig, maar vir Christie, sal daar nie so iets wees nie.  Sy gaan nie die vir ewig en altyd kry nie.  So het dit ook gebeur dat Christie vir Reinier, nog een van die Visser broers, raad moet gaan in hoe om ‘n meisie te kry – maar tog nie te behou nie, want hy wil niks weet van trou nie.  Dit is iets wat hy glad nie wil doen nie.  So het hulle twee begin saam kuier, en Christie gee raad.  Maar soos dinge gebeur, raak hulle op mekaar verlief maar kan dit nie teenoor mekaar noem nie, want Reinier het soveel kere genadruk dat hy nie die “vir ewig en altyd ding” doen nie.  Wel, ek het hierdie boek rerig baie geniet;  welgedaan Elsa.

Sonvanger

Skrywer: Frenette van Wyk

Sonvanger, swerwershart – dit is hoe Narissa haarself beskryf.  Maar ‘n vrye gees, verstaan min mense en so is dit tussen Narissa en haar pa en suster.  Hulle wil en kan haar net nie verstaan nie.  Hulle wil haar altyd net in ‘n “mould” druk, maar sy is glad nie die mould tipe nie.  Sy het wel onderwys gaan swot met kuns as hoofvak, net om haar pa stil te maak.  Maar dinge raak net te erg vir Narissa en so besef sy, sy moet wegkom en haar vlerke begin sprei.  So aanvaar sy ‘n pos in Springbok, ver weg van haar pa as kuns onderwyser by ‘n hoërskool.  Hier maak sy kennis met die ultra sexy maar streng en onverbiddelike Franz Lamont en dan is hy nog boonop haar skoolhoof.  Hier wil hy ook haar dwing om die pyltjies te volg, maar daarvoor wil Narissa nie val nie.  Sy is nou haar eie mens, en sy gaan maak net soos sy wil.  Maar so werk dinge toe nie vir haar nie.  Sy volg wel die pyltjies, maar sit nog haar eie stempel op dit was sy doen.  So “ontrafel” sy Franz en sy dogter se spoke en help hulle om dit te oorkom, maar saam met dit, raak so verlief of hierdie “reguit, volgens die boek” man.  Kan sy hom weerstaan?  Welgedaan Frenette, ek is mal oor jou boeke.

Skuiling van die Hart

Skrywer: Vita du Preez

Wat!  Hoe kan ‘n pa, sy eie dogter by die dobbel tafels verkoop, vir net honderd pond.  Eers word sy verkoop aan ‘n Duitswester en toe aan ‘n swakkelingboer.  So moes sy toe vertrek na ‘n lewe wat sy nie gekies het nie, die lewe van ‘n boervrou.  Maar plat trek, sal sy nie maklik nie.  Met die oorlog wat daar buite en al nader aan hulle kom, moes haar man, Herklaas Potgieter oor oorslaan en ‘n hanskakie word (dis iemand wat die boere verklap by die kakies in die oorlog).  Hoe kon hy so iets aan haar doen.  Maar agter Herklaas se rug, het Martienne die boere gehelp – kos en slaapplek verskaf.  So ontmoet sy vir Rudolf Antonissen, ‘n Duitswester.  Vinnig het hy agter gekom, sy is die meisie wie hy “verkoop” het aan die swakkelingboer.  Hierdie Duitswester, kon die kakies uit oor lê.  Maar hoe kan sy verlief raak op hierdie man, as sy dan nog getroud is en hoe staan dinge met die oorlog.  Vroue en kinders in konsentrasie kampe – hoe oorleef jy so iets.  Vita, jy het ‘n hartsnaar aangeraak, wat ek nooit wou hoor nie – konsentrasie kampe.  Maar ook die lewe van ‘n boervrou in daai tyd, kon jy die hartseer so oordra, dat jy wil aanlees, verder deel word van hulle lewe.  Hulle nie laat gaan nie.  Ek het hierdie boek ongelooflik baie geniet.  Welgedaan.

Strykstok van die hart

Skrywer: Lizelle von Wielligh

Hoe kan die liefde tog werk as jy verlief raak op jou kleintydse maatjie.  Maar hy is ‘n slaaf en jy ‘n rykman se dogter.  Dit mag nie gesien word nie.  Maar die noodlot was nie aan Annabelle en Kaleb se kant nie.  Dit kinders het toe groot geword en besef wat hulle rerig vir mekaar voel.  Die gevoel van ‘n liefde, wat berge wil oorsteek.  Annabelle se pa wou nog slawe hê en werk toe aan Kaleb, om kinders te kry, by Annabelle is diensmeisie (wie ook verlief was op Kaleb).  Dit het Annabelle gebreek, want Kaleb het dan sy liefde aan haar toe vir trou.  En so het hierdie liefde hom telkemale in die moeilikheid laat beland, omdat hy vir haar wou opstaan.  Dit gebeur dat Kaleb weg gestuur word op ‘n skip, ver ver weg van Annabelle maar haar hart wou net vir Kaleb hê.  Hierdie was rerig ‘n uitstekende boek, ‘n boek wat jy nie durf neersit nie.  Welgedaan Lizelle

Droomvanger

Skrywer: Chanette Paul

O my vader, maar jy kan ‘n boek skryf Chanette.  Ek dink nie ek het al ‘n boek gelees wat my so gebind het nie.  Net sodra jy dink jy het al die kinkels uitgewerk, dan gebeur iets wat heeltemal die teendeel bewys.  Die mistige weer wat heers op die plaas in die Maluti’s, kan jy sommer aanvoel.  Jaini aanvaar ‘n opdrag om Hollandse dokumente te gaan vertaal op Geert van den Beek se plaas.  Maar Geert se dogter word vermoor, en so word almal as verdagtes uitgewys.  Ek wil so baie vertel maar is so bang ek gee dinge weg.  Ek voel soos ‘n kind voor kersfees – wil alles vertel.  Gaan lees hierdie boek.  As jy dink jy kan hom neersit en aangaan met jou lewe – dink twee keer want dit gaan nie maklik gebeur nie.  Chanette Paul, jy is ongelooflik