Maria se keuse

Skrywer: Arien Lubbe

Arme Maria, hoe kan ‘n rykmans dogter dit oorleef in die middel van nêrens (grappie). Maria se pa vrees vir sy gesin se lewe en stuur elkeen na ‘n veilige plek, totdat die skurke in hegtenis geneem is. So is Maria, na Onseepkans toe gestuur. (persoonlik het ek nog nooit van so ‘n plek gehoor nie). Hier ontmoet sy André, wat hom nie aan haar fiemies steur nie. Vinnig leer Maria ook, waaroor die lewe eintlik gaan en wat is belangrik. ‘n Pers badkamer, buite die huis is nie die ergste nie. Elke dag “leer” Maria ietsie meer en so raak sy verlief op André. Toe breek die dag aan wat sy moet terug gaan huis toe en sy voor die besluit staan om terug te gaan na haar ou lewe van weelde en met Lategan te trou, of bly is in die middel van nêrens, met ‘n man wat lief is vir haar.

As ek die storie self moes uitleef, sou ek die selfde besluit as sy maak, en op my tweede dag wat ek daar bly, die badkamer wit verf. Baie geluk Arien, ek het jou boek baie geniet.

Facebook-vriendin: Nenette de Lange

Ek is nou famous

Vertel ons so bietjie van die vrou agter die boek?

Ek is maar net ’n doodgewone werkende ma, wat elke dag moet aanpak en seker maak jy kom aan die anderkant uit. Niks opwindend en uitdagend nie. Dis nou as jy die verkeer op pad werk toe uitsluit, waardeur jy moet veg elke oggend.

Beroep: Ek is in die advertensiewese.  Ek is ’n implementasie beplanner.

Woon in: Gauteng

Stokperdjies: Ek is mal daaroor om my besig te hou met ’n hele klomp kunsvorme. Ek doen graag mosaiekwerk, loombrei, so bietjie hekel en brei.  Ek doen ook lapverf. Lees my Romanza-boeke is definitief bo aan die lysie.

Troeteldiere: Ek het twee kokketiele en twee woefkinders.

Wat geniet jy die meeste van lees?

Om rustig te kan opkrul en weg te raak in die verhaal en myself in te leef in die gebeure.

97cfcbaea284f4b7d1bee4f355cc6e29As jy enige plek in die land kon bly…

View original post 479 more words