Cremora Tert – met ‘n twist

LippeNataniël het in een van sy grappe vertel van die alewige Cremora Tert by ‘n braai, wat so afgesaag nou al is. Ja, dit kan afgesaag en “boring” wees, maar nie myne nie! Dinge nou in my lewe is als behalwe “boring” – dis wat jy daarvan maak. Ek is al by werk byeenkomste gevra om maar een te bring.

Nataniël, put that in your pipe and smoke it

Almal is altyd op ‘n dieet, maar nie as dit by my tert kom nie

So wat het jy nodig:

  1. 500ml Cremora
  2. 125ml Kook water
  3. 1 Blikkie kondens melk
  4. 125ml Suurlemoen sap
  5. 1 Pakkie tennis koekies
  6. 60g gesmelte margarien of botter
  7. Die spesiale bestandele!!

Het jy alles gereed?

  1. Meng die Cremora en kookwater vir 2 minute
  2. Gooi die blikkie kondens melk by en meng vir ‘n verdere 2 minute
  3. Gooi die suurlemoen sap by en meng totdat dit dik word. Dit sal noggal vinnig dik word
  4. Spuit jou bak goed – onthou die kante
  5. Krummel die koekies fyn en meng met die botter/margarien
  6. Gooi die krummels in jou bak en versprei goed. Druk dit sommer so bietjie vas ook
  7. Gooi nou die Cremora mengsel in jou bak, bo-oor die krummels – Maar voordat jy dit doen, kyk na die spesiale bestandele hier onder en besluit dan

En nou vir die spesiale bestandele

  1. Vat ‘n blikkie pynappel ringe. Haal so 3 uit vir versiering bo-op. Maak die pynappel fyn en meng dit saam met die Cremora mengsel voordat jy dit in die bak gooi. Nadat alles in die bak gegooi is, sny die 3 ekstra pynappel ringe in blokkies en sit bo-op. Die pynappel kan ook vervang word met ingelegte perskes.
  2. Wat van ‘n sjokolade ene. Vat so 2-3 Flakes en krummel goed. Meng saam met die Cremora mengsel, en gooi in die bak. Jy kan van die krummels ook bo-oor gooi.
  3. Vir die kinders, vat smarties en meng dit in en gooi 100&1000’s bo-oor. Onthou net, die kleursel van die lekkertjies mag dalk loop as jy dit inmeng.

En Voila, ‘n Cremora Tert met ‘n Twist.

 

Leave a comment