Liefde ruik soos Katjiepiering

liefde_ruik_soos_katjiepiering_voorblad_high_res_1Skrywer:  Frieda van der Westhuizen

En daar soen die man haar!  Sy ontmoet hom op die troue waar sy koes vir die bruidsruiker en oor iets struikel, reg in hierdie rokjagter se arms en dan soen hy haar nog boonop.  Soos dit met baie mense gebeur, maak die boekwinkel waar sy werk toe en sy moet ander heenkome soek.  Haar woonstel opgee.  Uiteindelik kry sy ‘n wonderlike werk in ‘n kwekery waar sy kan uitleef vir wat sy gestudeer het en dalk nog haar droom verder vat.  Sy gaan bly in ‘n vriendin van haar se broer se tuinwoonstel wat hy huur maar is tans in die buiteland.  Net om uit te vind, dit is die tuinwoonstel van die man wat haar op die troue gesoen het.  Maar die probleem met hierdie twee mense is, hulle altwee is baie hadkoppig wanneer dit kom by die dinge van die hart.  Wil nie vir Kupido ‘n kans gee nie of dit vir hom maklik maak nie.

Ek het hierdie boek vreeslik geniet.  Welgedaan Frieda met ‘n suksesvolle boek.

Jy maak my Gelukkig

Jy maak my gelukkigHierdie omnibus, deur die 8 verskillende skrywers, is net lekker lees verhale wat jy vir jou ouma, ma en dogter kan gee en nie skaam te hoef te wees nie.  Ek sal nou nie hierdie omnibus aan ‘n groot liefdesverhaal leser voorstel nie, wat die verhale mag net te mak wees, maar andersins is dit nogsteed goed.  Die verhale is met tye net so bietjie te kort en jy wil net in die storie inkom, dan is dit klaar.  Net soos wat Ilse Salzwedel sê, “Lekker leesstof wat ‘n mens sommer so voor slaaptyd kan verslind”, maar ek sal nie heeltemal daarmee kan saamstem nie wat dit is nie booiende stories nie wat jy met tye moet deur “druk”, net om aan die anderkant te kan kom – voordat jy aan die slaap raak.  Dit is ‘n goeie idee wat Lapa hier het, om ‘n heel mak boek uit te gee en goeie skrywers gebruik.  Ek sou net wou meer boeiende verhale wou hê.

Liefde op Petit Paris

Liefde op Petit ParisSkrywer:  Frenette van Wyk

Hierdie verhaal speel af in die tyd wat die Hugenote na die ou Kaap de Goede Hoop toe gekom het, met hul skepe.  Maar wat ‘n begin, hoe ‘n jong meisie gevind is en hoe haar lewe uitgedraai het.  Maar haar soeke na wat met haar gebeur het, waar sy vandaan kom en wat haar storie nou eintlik is, het Royale se dryfveer geword, nadat sy beide haar ouers verloor het op die skip na die Kaap.  Soveel intrieges, wat jou met tye uitasem laat.  Vrek, gaan daar dan nog iets gebeur met die arme vrou.  Net sodra jy dink, nou gaan haar planne werk, dan gaan dit in ‘n heeltemal ander rigting in.  Ek kon nooit rerig voorspel, waarheen die storie my wil vat nie.  Maar met hierdie einste rigting, kon ek glad nie die boek neersit nie.  Ek het met tye gevoel, ek staan net agter Royale.  Beleef elke emosie saam met haar.  Elke gebeurtenis, elke reuk ruik ek.

Ek was mal oor hierdie boek.  Welgedaan Frenette met nog ‘n uitstekende boek

Soene in ‘n Sandkasteel

soene_in_n_sandkasteel_voorblad_high_resSkrywer:  Frenette van Wyk

Hierdie is alles behalwe ‘n sandkasteel.  Dit is ‘n net ‘n droomkasteel waar jy jou kan verbeel daar woon prins en prinsesse in.  Dit het gevoel ek is self daar, in die yskasteel met al sy torinkies.  Die twee hoofkarakters, Daniella (wat wil duidelikheid kry oor haar gebroke huwelik) en Remi, wat ‘n lekker vakansie kom hou, laat jou voel, jy staan langs hulle, met alles wat hulle doen.  Die storie maak ‘n draai, wat jy glad nie verwag het nie en wat jou so bietjie laat dink oor iemand se lewe – kon dit werklik so wees en hoe sou die lewe anders uitgedraai het vir die persoon.  Daar is ook met tye, spanning wat hoog loop –jy wil net jou oë toemaak, tot die gedeelte verby is, net soos in ‘n aksie film.  En net toe jy dink die een avontuur is verby, gebeur die volgende.  Met tye wil jy mal word as Remi en Daniella, net wil begin click en een van die ander gaste tussen hulle kom.

Ek het hierdie boek rerig baie geniet, met die avontuur, spanning en tog nog die liefde.  Welgedaan Frenette met ‘n uitstekende boek.