Met Glimlag op jou gesig

Die lewe is net te ernstig dat dit sleg is vir ons gesondheid.  Finansies, politiek en die vervlakse verkeer waardeur jy elke dag moet worstel en sweet.  Partykeer ‘n kragwoord gebruik, maar dan was dit rerig nodig, belowe!  Jy kan nie vir almal plek gee in die verkeer om in te kom nie, want dan gaan jy weer opeindig waar jy begin het.  Al daai moeite – nee dankie.

Ek het hierdie post op een van my Blog volgers gekry en net besef ons met almal ‘n dag nodig om net weer herinner te word om te glimlag en so bietjie te giggel. Gaan kyk so bietjie na haar blog artikel

via ‘n Bietjie Onbenulligheid…

Onvoorspelbare Harte

Onvoorspelbare harteSkrywer: Mari Roberts

Wat n aangename boek. Hierdie drie verhale was nou rerig iets om te “lees”. Ek het dit nou rerig geniet. Die humoristiese dialoë wat elke nou en dan gebruik word of selfs die snaakse gebeure laat jou net met ‘n tikkie opgewondenheid wat jou half dwing om net nog ‘n hoofstuk te lees en dan sal ek die boek neersit en gaan slaap – ja reg, dit het nie gebeur nie. Al drie storie is uiteenlopend en staan op hul eie reg as goeie boeke. “Dans in die reën” laat jou wonder oor dinge wat jy in jou jeug gedoen het en of dit nie kon anders geweet het nie. Dan ook “Sprokiesprinses”, waar Zoë haar skok, ontnugtering en verwerping moet probeer verwerk, ontmoet sy ‘n man wat haar deurmekaar maak. Maar sy is nie heeltemal verwerp nie. Laastens, “Fasade van die hart”, waar Beate haar hart verloor het op hul buurt seun wat toe later voete v klei gehad het met haar suster. Kan sy vir hom lief word, as hy haar suster se kind se pa is. Welgedaan Mari Roberts met ‘n uitstekende omnibus.

Die Diva en die Dokter

Die Diva en die DokterSkrywer: Trudy Reinhardt

Op ‘n eksotiese eiland ver weg van Suid Afrika. Jy bly in ‘n Villa, vir gratis en verniet. Al wat jy moet doen, is om te oefen vir ‘n operakompetisie wat jy verseker kan wen. Hier ontmoet sy die buurman, Justin, wat haar hart sommer vinnig by haar gesteel het. Continue reading “Die Diva en die Dokter”