Skakerings van Liefde

Skakerings van liefde2Skrywer:  Madelie Human.

Kan ouers dit aan ‘n meisiekind doen?  Ja sy is bitter jonk en het perongeluk oor die tou getrap, maar om van ‘n ma te verwag om haar kind af te staan?  Maar Nadia, het die beste van haar lewe gemaak as wat sy kon, na haar ouers se pype gedans met haar studies, maar toe sy besluit het, om die verder in Europa te werk nie, maar om haarself op ‘n klein dorpie by die see te gaan bly, sny hulle haar heeltemal uit hul lewe uit.  Maar Nadia is gelukkig.  Sy kan nou ‘n ogie hou oor Xander om seker te maak hy is ok na sy ma se dood.  Nadia begin toe ook ‘n baie suksesvolle besigheid met die vrouens van die dorp en versterk Skakerings se besigheid met haar venominale hekel patrone.  Op ‘n dag ontmoet sy vir Xander en sy pa op die strand en daar bars sy uit in trane.  Die ontmoeting is so groot vir haar, dat sy hartverskeurend begin huil.  Dan moet Xander se pa ook so vrek aantreklik wees, dat sy net verder haarself skaam.  Vinnig word daar ‘n band gebou tussen Xander en sy pa en Nadia.  Hoe gaan sy die geheim aan Dion vertel en kan ‘n liefdelose huwelik genoeg wees vir haar.

Welgedaan Madelie, ek het hierdie boek vreeklik baie geniet.

Lekkerder as Sjokolade

lekkerder_as_sjokoladeSkrywer: Corné van Rooyen

Soos wat met baie vroue gebeur, word Riana verneuk deur ‘n man, ‘n getroude man en sy het net mooi niks vermoed nie.  Sy moet net wegkom, weg van alles en almal, maar waarheed tog.  Gelukkig vir Riana, het sy ‘n wonderlike ondersteunende vriendin, Jearika, wat haar kan help en ‘n heenkome kan aanbied, haar neef se plaas.  Maar Leroux het nie veel ooghare vir hierdie stadsjapie nie.  Hulle voorspel net moeilikheid en hy het eerste hands daarmee kennis gemaak.  Leroux het ook ‘n manier om ‘n ongemaklikheid by haar wakker te maak wat sy nie kan en wil onderdruk nie.  Maar sy voel so uit op die plaas en Elandi maak ook seker sy is deeglik bewus daarvan.  As Riana wil help met die bottel voerdery, word daar deeglik vir haar gesê, dat sy nie ‘n plaasmeisie is nie en nie sal weet hoe nie.  Maar Riana is darem nie a leek nie en kan haarself in die kombuis bewys.  Riana se afkeur vir mans word ook net verder verskerk nadat sy saam met die glibberige Darian uit gegaan het.  Staan Riana ‘n kans teen Elandi wat op ‘n plaas groot geword het om Leroux te hart te wen, of het Leroux klaar vir Elandi gekies as sy vrou?

Welgedaan Corné met ‘n baie suksesvolle boek.