Hartsbegeerte

Skrywer: Madelie Human

Drie stories op sy eie, maar tog een storie. Hierdie omnibus begin waar Mercia weer probeer haar lewe op die regte pad te kry, waar sy nie meer die jong vrou is wat een fout gemaak het om op ‘n ander man verlief te kon raak, toe sy nog getroud was. Maar haar pierewaaier man, met al sy loste sedes, is oorlede. Hoekom kan sy nie nou haar lewe oor kry nie.

Dan die volgende storie, gaan oor een van Mercia se tweeling seuns wat, ook met die liefde in aanraking kom. Maar dit is nie nou vir hom geleë nie. Hy het nog baie planne om verder te gaan spesialiseer in sy beroep as dokter.

En dan die laaste storie, kry die laaste seun, ook sy deksel of so dink hy. Is Zoë rerig een van die familie en haar hartseer omdat sy nie op die spog plaas kon grootword nie, maak net haar hart nog harder.

Ek het eers bedenkinge gehad om die boek te lees, maar ek het dit rerig baie geniet. Welgedaan met ‘n vreeslike lekker boek.

Web van Liefde

Skrywer: Rykie Roux

Drie uitstekende stories saamgevat in een. “Mariek en die magnaat”, waar Magniet net wil wegkom van haar eks verloofde se stories, wat haar ook omsingel en almal dink sy is ook deel van die geldverduistering. Maar al wat Mariek wil doen, is om aan te gaan met haar lewe. So ontmoet sy vir Pieterjan, wat ook haar veroordeel, al het sy niks gedoen om hom aanleiding te gee nie. Hy het ook al die stories gehoor en wat elke keer sy oordeel bepaal. Wat moet sy doen om vir almal te bewys dat sy wel onskuldig is.

Dan, volg “Satynprinses” van Niene wat net ‘n vlieënier wil wees, vry op haar eie maar so het dit dat haar ouma, eienaar van ‘n baie suksesvolle parfumerie haar kleindogter nodig het, sonder dat ouma of kleindogter dit wil weet. So moes Niene teruggaan en tot haar verbasing is hierdie bedryf nie so plasties soos wat sy gedink het nie. So ontdek sy dinge oor haar oorlede suster se lewe en om alles te kroon, het dinge uitgelek van een van hulle produkte en sy word verdink. My gou het sy haar  hart verloor op Brink, wat net die besigheid wou red.

Dan laastens, “Naweekbruid”, waar sy met haar droomman trou wat as suksevolle argitek sal uitstap by die universiteit sy graad gaan vang, maar het sy verlede hom ingehaal toe hy verdink is dat hy iemand anders se werk gesteel het en as sy eie ingedien het as sy laaste werk by die universiteit.

Ek het hierdie omnibus vreeslik geniet, elke storie uniek op sy eie. Welgedaan 

Die Man Langsaan

Skrywer: Cynthia Robertson

Sy het nou besluit sy gaan altyd ‘n oujongnooi bly vir altyd en ‘n kluisenaar ook. Hy koffiewinkel doen goed en sy is beslis nie alleen nie. Die mense, raak gou die gereelde kliente met elkeen met sy eie storie. Toe trek daar ‘n ongelooflike sexy man langsaan in. Die met sy vrou en dogter. Of is dit sy vrou. Hoe kan sy met enige fietselyfie vrou kompeteer met haar heupe wat groot en wyd is. Nie dat sy in enige man belangstel nie, maar oe is hy aantreklik. Stadig begin daar ‘n verhouding tussen hulle ontwikkel. Maar pas sy rerig in, in hierdie Sandton man se lewe, waar hy uiters suksesvol is in sy beroep dat hy sy maatskappy kon verkoop en so net ‘n lekker lewe kan hê en dan is hy so gebou dat enige vrou tweekeer sal kyk. So, met sy verjaarsdag partytjie wat sy gereel het, en alles van spyseniering tot decor behartig het, hoor sy twee van sy vriendinne dinge sê oor haar, wat enige iemand die hasepad in sal jaag, wat sy wel doen. Sal sy genoeg selfvertroue kry om vrede te maak met haar groot heupe en die lewe kan aankyk.

Ek het hierdie boek baie geniet en omdat ek die omgewing ken, voel dit of jy self daar is. Welgedaan