Sy Twyfel nie meer nie

Skrywer: Louise Minnaar

Ek het gevoel, hierdie verhaal is geskryf oor een van my vriendinne.  Mens kan net lag en besef, dit kan met enige iemand gebeur.  So ry Marisna en haar vriendin Lize in haar Mini oppad na hul eksamen en bots per ongeluk met ‘n ander motor wat skielik voor hulle inry.  Marisna kan nie oor die skade aan haar nuwe motor kom nie.  So spring Riaan, die bestuurder van die ander motor, tot haar redding.  Eers later word Marisna van hom as mens bewus en hulle kuier ‘n paar keer lekker saam.  So skop Marisna teen die hartkloppings in haar hart wanneer sy by hom is, want sy het tog nie nou tyd vir ‘n verhouding nie.  Sy moet ‘n sukses van haar beroep asook haar studie maak, dus het sy nie nou die tyd en krag vir ‘n man in haar lewe nie.  Al die kêrels wat haar ma vir haar reël, intereseer haar glad nie, want hulle almal is net agter die aandag en geld van haar pa aan.  Iets wat Riaan glad nie is nie.  So besluit hulle om ‘n skynverhouding te hê, maar vir hoe lank kan so ‘n skynverhouding aangaan, sonder om iets ernstig te word nie.  Ek het rerig hierdie boek baie geniet.  Welgedaan Louise.

Leave a comment