Marylin

Skrywer: Chanette Paul

Wat? Hoe? Hoe kry jy dit reg Chanette Paul.  Weer eens ‘n uitstekende boek wat ek definitief vir enige iemand aanbeveel.  Om weer saam met die Vywervroue te kuier was rerig ‘n voorreg gewees.  Om weer naby hulle almal te wees, maar ook om nou die “storie” van die steunpilaar te hoor.  Waar ons altyd iemand sal sien wat sterk en altyd in beheer is, om uit te vind dat Sy ook maar net ‘n mens is.  Iemand wat hard deur die lewe gedruk was maar so gevorm is, na wat sy vandag is.  ‘n Sterk, onafhanglike vrou.  Sy wat deel is van die Vywervroue maar tog voel sy, sy sit op die kantlyn.  Kyk na almal se lewe maar besef ook, haar jare stap ook aan en dalk moet sy vrede maak.  Vrede met die dinge wat met haar gebeur het, lank lank gelede.  Welgedaan Chanette, met nog ‘n ongelooflike boek