Plek van Poue

Skrywer: Henriëtte Linde-Loubser

Ek het lank gewag om hierdie boek onder oë te kry en was dit die wag werd.  Stela begin ‘n nuwe lewe.  ‘n Lewe was sy nie altyd verstaan nie.  Sy moet die uiterste moeilike tiener tuis onderrig.  Stadig vat met haar want tieners is nie maklik nie.  Maar so was die res van die huishouding ook maar moeilik.  Hierdie vreemdelik wat op Pavo kom bly het, verander hulle lewens.  Vinnig begin daar dinge met Stela gebeur wat sy net nie kan verstaan nie.  Iemand hou haar dop en haar alewige nagmerries help ook nie.  Is sy besig om dit te verloor?  Dan moet sy saam leef dat die vorige “mistress” selfmoord gepleeg het.  Hoe kon iemand op hierdie asemrowende plaas so iets wil doen.  Of het iemand of iets haar daartoe gedryf?  Is Stela ook op die selfde pad.  Sodra jy dink jy weet wat volgende gaan gebeur, swaai die roman in ‘n ander rigting in, wat jy nooit kon dink so gebeur nie.  ‘n Definitiewe boek vir jou boekrak.  Welgedaan Henriëtte met ‘n uitstekende boek.

Uit die donker

Skrywer: Santie van der Merwe

Twee gesinne?  Ja, dit is wat Ian Strydom mee moet lewe.  Hy het Madelein, wat nie gedink het sy sal swanger raak nie en tog is die driejarige Liam daar.  En dan het hy Henriette en sy ouer kinders wat lank al nie meer pa se aandag nodig het nie.  Of het hulle?  So moet hy skelm tyd steel om saam met sy nuwe gesin, Madelein, kan spandeer.  Maar leuens kom altyd uit en lewer nooit goeie resultate nie.  Klein Liam begin ook vrae vrae oor sy pappa wat nooit by die huis slaap nie.  Madelein besef ook dat sy nie meer tevrede is om tweede viool te speel nie.  Sy wil eerste in Ian se lewe wees.  So sien een van Ian se ouer kinders, hom saam met ‘n ander gesin, kan Ian nie meer hierdie geheim wegsteek vir hulle nie.  Al het Henriette ‘n vermoede gehad, kon sy nooit dit met haar kinders deel nie – wie wil dan jou kinders seermaak en hulle goed gevormde borrel bars nie.  Kry hierdie boek en moenie ‘n dag mors voordat jy dit lees nie.  Welgedaan Santie.  Nog ‘n uitstekende boek op jou kerfstok.

Vonkelwyn en Liefde

Skrywer: Madelein Stoltz

Kan sy weer lief word vir iemand?  Haar hart oopmaak en iemand inlaat?  So begin dit vir Anouk.  Haar ouma stuur ‘n bikini foto van haar, vir die gewilde boeke skrywer Dexter.  Maar toe Anouk die aantreklike Dexter ontmoet, moet sy sterk staan want hierdie man is glad nie koud teenoor haar nie.  Daai “gewilde” foto van haar is diep in die geheue ingeprint en hy maak ook geen geheim van sy gevoelens teenoor haar nie.  Maar kan sy weer?  Gaan haar hart nie net weer seerkry soos wat Steve gemaak het nie.  Sy kan net nie ‘n toekoms saam met Dexter insien nie.  Is hy die man vir haar?  Hy staan haar by en maak dit so maklik om haar hart te verloor, hoe kan jy anders.  Anouk bly sterk staan teenoor hom of kan sy?  Kry hierdie boek op jou boekrak nou.  Vreeslike lekker lees.

Liefde vir ‘n Woudprins

Skrywer: Serena Steyn

Die lewe van ‘n rykmans kind is maklik maar die lewe gooi soms ‘n klip in die pad.  Maresa wil haar pa gaan verras vir sy verjaarsdag waar hy in die Kameroen werk.  Maar dit is nie so maklik om daar te kom nie.  So ontmoet Maresa die uber aantreklike Garth wat haar onder protes, saam met hom vat.  Maar dit kom met voorwaardes.  So stem sy in en ontmoet rerig die man agter wie Garth rerig is.  Die man wat lief is vir diere en dit sy lewe maak om na hulle om te sien.  Huxley, wat nie te lank terug haar gevra het om te trou nie, weet glad nie van haar planne nie.  Maar toe hy eers uitvind, wil hy haar met alle geweld terug vat huis toe.  Maar wil sy rerig?  Het sy nie haar liefde ontdek hier in die wilde wilde Kameroen.  Gaan koop maar gerus hierdie roman, want lekker lees, is heel bo aan die lys.  Welgedaan Serena

Man van die maand

Skrywer: Karlien Bedenhorst

Mia het nie gedink sy sal ooit ‘n onderhoud moet voer met die sjarmant, aantrekllike en intelligent alleenloper van die stad.  Alles wat sy in ‘n man wil hê.  Maar ‘n doodgewone meisie soos sy, nee.  Wat jy waar kry.  Sy ontmoet Luc Raath in sy restaurant maar sy het nie geweet dit is die alleenloper wat sy ‘n onderhoud moet voer nie.  So verloor sy haar hart op hierdie uber aantreklike man.  Maar kan die lewe so ‘n skewe grap op haar trek dat hy wel gevat is nie, of is hy?  Die beeldskone eks verloofde Jacinda is nog steeds in die prentjie en sy maak dit haar missie om in Luc se prentjie te bly.  Sy is ook glad nie skaam om daar te bly nie.  So moet die gewonde meisie wat Mia was, maar opsy staan, want wie is sy tog.  Wat ‘n lekker lees.  Jy kan maar gerus hierdie boek vir jou boekrak kry.

Opa vir die liefde

Skrywer: René van Zyl

Op ‘n eiland, ver ver hier vandaan.  Weggesteek sodat niemand haar kan opspoor nie, nooit nie.  Of so het die beeldskone Athina gedink.  Maar eendag land daar ‘n aantreklike man saam met ‘n toergroep, op die eiland.  En hy het ‘n kamera by hom.  Gevreesd probeer Athina wegkom uit sy lens uit maar so bars haar veilige borrel.  Anthina moet weer leer om te vertrou, om lief te hê.  Sy het die perfekte lewe gehaat voordat Jason op haar pad gekom het.  Sy maak haar hart vir hom oop en verloor dit daar en dan.  Hy moet net nie haar vuil verlede uitvind nie.  Maar ook haar veiligheid is in die gedrang.  Maar soos die lewe wil hê, kom hierdie vuil wasgoed uit en sy word gevorseer om die met hand en tand aan te pak om so haar lewe terug te kry.  Maar is dit werklik so maklik met ‘n ek man wat die wêreld in hand handpalm het.  Uitstekende lees waar jy jouself verloor op ‘n vere vere eiland.  Kry die roman nou en lees!

Verbode Drif

Skrywer: Irma Joubert

Kon die verlede so eng gewees het?  Hoekom moes dinge so moeilik gemaak word as die lewe al klaar moeilik genoeg is.  Die liefde ken geen grense nie.  As jy lief is vir hom, is jy lief vir hom.  Jood of nie Jood nie.  Toe Elizabeth en Izak nog jonk en op skool was, het hulle nooit aan die toekoms gedink nie.  Maar vinnig het Izak besef, hierdie meisie is syne, maar sy liefde kan nie ‘n werklikheid word nie.  Selfs Elzabeth het later besef, hierdie Jood moet bestem wees vir hierdie boeremeisie.  Maar die gemeentskap sal dit nooit toelaat nie.  So maak die twee planne om bymekaar te wees maar tog ver van mekaar om tyd te wen om te sien of die gemeentskap tog hierdie liefde kan aanvaar tussen hierdie twee jong mense.  Maar die lewe is nooit maklik nie.  Elizabeth is toe later gedwing om alle bande met Izak te verbreek en nooit weer enige kontak met hom te hê nie.  Maar wat van die liefde?  Hierdie is ‘n ongewone kykie van wat in die geskiedenis gebeur het en van die lewe.  Vreeslike lekker boek om op jou boekrak van geleesde boeke te hê.

Sacrificed

Skrywer: Chanette Paul

Jip en nog ‘n uitstekende boek deur Chanette geskryf.  Moet soveel kinkels en kabels dat jy nie kan waag om te voorspel wat volgende gaan gebeur nie.  Net toe ek dog “nou is die roman naby sy einde”, besef jy, daar is nog ‘n kwart van die boek oor.  Chanette sê dit is net fiksie maar ek weet darem nie.  Dit voel of dit ‘n ware lewens verhaal moes gewees het.  Kan soveel dinge met ‘n ma gebeur wat ‘n hengse rippel effek kan hê op soveel ander mense se lewens.  Maar, sy het sterk gestaan met alles wat op haar (Ammie Pauwels) se pad gebeur het.  Nou gaan die verhaal verder met Caz, haar dogter.  Caz kry ‘n oproep van haar suster, of so het sy gedink.  Haar ouers, soos sy hulle ken, was toe nie haar ouers nie.  Haar “ouers” was betaal om haar groot te maak.  Met haar besoek aan haar grootmaak moeder, het Caz’s storie in ‘n wentelbaan beland, wat haar met ‘n spoed, begin rond te gooi.

Mense, lees hierdie boek – jy sal nooit spyt wees nie.  Ongelooflik