Liefde binne die Wet

Skrywer: Magda Schmidt

Dit kan met enige iemand gebeur.  Eers loseer jy by ‘n ouer paartjie ‘n woonstel en dan besluit hulle om te verkoop om te gaan aftree erens anders.  So is die nuwe eienaar, niemand anders as die ongelooflike aantreklike strafregdosent.  Sommer op die eerste dag wat hy kom klas gee, slaan sy haar naam met ‘n plank, en iets wat hy nie maklik vergeet nie.  Dan trek sy vrou en kind ook later in by hom, of so het sy gedink toe Elaine en haar dogtertjie haar groet.  Later vind sy uit dat dit eintlik Martin se suster en haar dogtertjie is wat vir ‘n tydjie by hom kom bly.  Sy het nie nou tyd vir ‘n man in haar lewe nie, maar hoekom kyk Martin dan na haar soos ‘n verliefde man.  En die soen! Toe hy haar moes gaan red in Bela Bela omdat Kurt, hom soos ‘n vark gedra het, het Martin sy ware gevoelens vir Ingrid besef.  Hy is dan haar dosent en kan nie op haar verlief raak nie, dus probeer hy maar uit haar pad te bly.  Maar kan hulle altwee hulle gevoelens wegvee en met die lewe aangaan?  Ek het rerig hierdie boek baie geniet.  Welgedaan Magda

Leave a comment