Goue Dagbreek

Skrywer: Bets Smith

Sy het vir so lank na hom gesoek, die man van haar hart, Ruben Dreyer.  Maar nadat sy broers doodgeskiet was, glo Ruben vas dat Catriona hulle verraai het.  So sluit Ruben aan by die oorlog (verander sy naam na Ben van den Berg) en doen hom voor as ‘n kakie offisier, Ben Sutherland, om so die kakie te probeer oorwin.  Catriona word by die rooi kruis ingesluit en help so al die manskappe wat verby kom en so ook Ruben wat gewond was.  Later, word Catriona ook ‘n spioen vir die boere om aan Ruben te bewys, dat sy hom nog lief het en by hom wil wees.  Sy stel soveel kere haar lewe in gevaar as spioen, maar steeds glo Ruben nie aan haar liefde nie.  Sy versorg Ruben en red so sy lewe deurdat sy by hom bly terwyl ander al sou opgegee het met sy wonde.  So vergewe Ruben haar en hulle besluit om te trou, maar sal die oorlog hulle die kans gee of net weer alles van haar weg te vat.  Ek het rerig hierdie boek baie geniet.  Welgedaan Bets.

Leave a comment