Pelgrimshoop

Skrywer: Ronel Nel

Pelgrimshoop was nou vir my ‘n boek met ‘n anderster verloop.  Ek wou gefrustreerd raak en sommer net die boek neersit net om later weer op te tel.  Ek wil weet of Hannah en Elias bymekaar gaan uitkom en hoekom het Elias ‘n leermeester laat kom.  Maar ek moet nou bysê, die frustrasie het ingekom waar die boek as ‘n gedig voorkom, alles so met oormaat beskryf – ‘n frase wat geen sin maak nie, hoekom nou.  Toe ek later die agterkant van die boek lees en sien Ronel skryf ook digbundels, het ek hierdie boek ook heeltemal verstaan.  Dit is glad nie ‘n voorspelbare boek nie, in teen deel, jy dink dit gaan nou ‘n makliker pad vorentoe wees, en dan boem, daar gebeur weer iets.  Met al die gebeure, het my oë so bietjie oopgegaan en besef hoe gemeen mense was en tog tot ‘n mate nog steeds is maar hier was dit net blatant gewees en ja, ek kan glo dat dit in die vroeëre jare so wel was.  Ronel, welgedaan met ‘n uitstekende boek.

Leave a comment