Lira en Mirre

Skrywer: Chanette Paul

Vrek Chanette, ek kan nie glo hoe ek hierdie twee boeke verslint het nie.  Ek het ongelukkig eerste Corali gelees so met tye het ek geweet wat gaan gebeur (my bad), maar al het ek geweet wat gaan gebeur, kon ek net nie genoeg kry nie.  Hierdie drie boeke was uitstekend gewees.  Wil dit met almal deel (jy moet net my boeke weer vir my terug gee).  Hierdie drie boeke het my sommer weer laat verlang na die ondersteuning van vriendinne wat jou ondersteun, deur goed en sleg en dan vrek sleg.  Wat soms jou wys dat daar wel iets goed daaruit kan kom.  Waar is Vywerbaai!!  Ek wil sommer nou soontoe verhuis.  Ek sal in Lira se winkel gaan werk as enige iets en sal help in die kombuis.  Dit sal ek afwissel om Corali ook te gaan help met die mosaiek.  As ‘n mens dink, drie boeke, oor die selfde omgewing met die selfde karakters, sal siel dodend wees, maar dit was die teenoorgestelde.  Ek kon myself in elkeen van hierdie vroue inleef en sommer gevoel wanneer hulle by hul draaipunt kom, dat ek saam kan opstaan.  Vreeslik dankie Chanette vir hierdie drie ongelooflike boeke.

Leave a comment